(Jwplayer)

September 6, 2015

ANOTHER #FarmAttack: FARM ATTACK: Richmond, KZN. One black suspect shot dead

Farmer shot and killed black attacker after being attacked with machete
Boer skiet vermeende aanvaller dood

ʼn Vermeende plaasaanvaller is Sondagaand op ʼn plaas in die Richmond-omgewing in KwaZulu-Natal doodgeskiet. Maj.  Thulani  Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê toe polisie by die plaas opdaag, het ʼn onbekende man op die stoep van die huis gelê met ʼn skietwond deur sy regteroog. Hy het glo ʼn panga by hom gehad. Zwane het gesê die gebeure wat tot die verdagte se dood gelei het,  is  nie  in  dié  stadium  duidelik  nie.  Hy  kon ook nie bevestig hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was nie. 

Maroela Media het by ʼn betroubare bron verneem dat daar drie verdagtes op die plaas was. Die boer het glo die verdagtes buite in die erf gesien en ’n waarskuwingskoot afgevuur. Twee van die verdagtes  het gevlug en een verdagte het met ʼn panga op hom afgestorm. Hy het die verdagte in die  kop geskiet.

Volgens Zwane word ʼn saak van moord ondersoek. Niemand is al in hegtenis geneem nie. Maroela Media het Sondag berig (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/rower-oplimpopo-plaas-doodgeskiet/) van ʼn soortgelyke voorval toe ʼn vermeende rower op ʼn plaas naby Letsitele  in  Limpopo  doodgeskiet is.  Die  man het glo toegang deur ʼn venster probeer kry toe hy geskiet  is.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/boer-skiet-vermeende-aanvaller-dood/



#FarmAttack: Update KZN FARM ATTACK: 3 black suspects, 1 charged victim with panga / machete . Victim shot him between eyes.

https://twitter.com/IanCameron23/status/640779245409714176

Awaiting more details...

https://twitter.com/IanCameron23/status/640757441894969344

#StopWhiteGenocideInSA