(Jwplayer)

September 5, 2015

ATTACK: Pensioner assaulted with iron pipe after he offered a black hitchhiker a ride on a deserted farm road near Nelspruit

ATTACK: Seriously Injured: Elderly man, Pat Paterson (86) was brutally assaulted with a iron pipe and stabbed in the face with a sharp object after he offered a black hitchhiker a ride on a deserted farm road, 12 km from Nelspruit. NOTHING WAS ROBBED
#StopWhiteGenocideInSA


86-JARIGE BEJAARDE AANGERAND TOE HY DUIMGOOIER OPLAAI
NELSPRUIT – Pat Paterson (86) is aangerand nadat hy Donderdag ’n saamrygeleentheid aan ’n duimgooier op ’n verlate plaaspad aangebied het.

Paterson het uit sy hospitaalbed in Mediclinic in Nelspruit aan Beeld gesê hy het omstreeks 14:00 ’n koerant gaan koop en was op pad terug na die plaas Coppersun, waar hy saam met sy dogter en haar man woon. Die plaas is sowat 12 km buite Nelspruit op die Uitkyk-pad geleë. 
Toe Paterson van die teerpad op die grondpad afdraai, het hy ’n jong man langs die pad gesien wat duimgooi. Omdat daar bitter min voertuie op dié pad ry, het hy goed gedink om hom op te laai.
Skaars 100 meter verder het die aanvaller, sonder om ’n woord te sê, Paterson met ’n stuk yster begin aanrand. Hy het Paterson se hand wat die stuurwiel vasgehou het, stukkend geslaan. Paterson is teen die kop gekap, en hy het ’n diep snywond bokant sy oor opgedoen. Hy is ook met die voorwerp in die gesig gesteek. Die aanvaller het toe net glo uit die kar geklim en weggeloop.

Die aanvaller het niks van Patterson gesteel nie. Paterson het ná die aanval in die kar bly sit en verskriklik gebloei. ’n Motoris het stilgehou en Paterson hulp aangebied. Volgens Robyn Baard, woordvoerder van die hospitaal, is Paterson se toestand stabiel 
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-09-04-86-jarige-aangerand-toe-hy-duimgooier-oplaai

#StopWhiteGenocideInSA