(Jwplayer)

September 1, 2015

ATTACK: Update: #Afrikaner woman's face horribly mutilated in attack. Black attacker still behind bars


Verdagte steeds agter tralies


Foto ter illustrasie.
 
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Elzaan Smit (41) van Bela-Bela vroeër vanjaar aangeval en vir dood naby ’n treinspoor buite die dorp gelaat het, moet agter tralies sit totdat sy verhoor begin.
Freddy Modikwe (26) se borgaansoek het op Woensdag, 19 Augustus, in die Bela-Bela-landdroshof misluk.
Modikwe het Smit glo in Junie teen haar sin by ’n taverne in die Bela-Bela-township weggeneem, haar aangerand en vir dood agtergelaat. Sy is die volgende dag bewusteloos deur ’n voetganger naby die treinspoor aangetref.  
Modikwe is kort daarna in hegtenis geneem. Die hof het gehoor dat hy Smit glo onder meer met ’n betonblok aangerand het.
Volgens ’n vriendin van Smit, Irma Genis, het Smit haar linkeroog in die aanval verloor. Van haar tande is ook tydens die aanval uitgeslaan. Weke ná die aanval is sy steeds in die hospitaal.
Smit het glo op Saterdag, 13 Junie, saam met haar ma, Venus Britz, by ’n kroeg op die dorp ’n drankie gaan drink waarna sy ’n saamrygeleentheid saam met ’n man gekry het. Haar ma is toe by die huis afgelaai en Smit en dié man is na die township op die dorp. Volgens die polisie word die man saam wie Smit gery het, nie met die misdaad verbind nie.
Smit is weke lank in die intensiewe sorgeenheid in die provinsiale hospitaal in Polokwane versorg, waar van haar wonde later septies geraak het. Sy is na die George Mukhari hospitaal in Ga-Rankuwa buite Pretoria oorgeplaas waar sy verdere rekonstruktiewe operasies aan haar gesig ondergaan het.
Kapt. Renier Schutte, ondersoekbeampte in die saak, het vroeër in die hof getuig dat Modikwe voorheen twee keer weens soortegelyke klagtes aangekla is. Een van dié sake teen hom is egter teruggetrek.
Die bebloede klere wat ná die aanval by Modikwe se huis in die township gekry is, word aan DNS-toetse onderwerp en dié bewyse moet nog by die hof ingedien word.
Die hof het voorts gehoor dat Modikwe glo aggressief raak sodra hy onder die invloed van alkohol is. Dit is glo die rede waarom omstanders die aand van die aanval nie wou ingryp toe hy Smit uit die taverne geneem het nie.
Die saak is na Dinsdag, 29 September, vir verdere ondersoek, uitgestel.
  • Genis en nog ’n vriendin van Smit, Marlene Lemmer, het ’n fonds gestig om Smit met haar finansiële verpligtinge te help. Mense wat ’n bydrae wil lewer, kan Genis bel by tel. 076 192 7025 of Lemmer by tel. 083 402 3970. 

http://diepos.linmedia.co.za/articles/crime/32800/2015-08-28/verdagte-steeds-agter-tralieshttp://diepos.linmedia.co.za/articles/crime/32800/2015-08-28/verdagte-steeds-agter-tralies

● Face horribly mutilated in attack: Afrikaner woman Elzaan Smit (nee Brits), left for dead in ditch, BelaBela/WarmbathsRead more at http://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/3720#GaeVkitXCvCzjoV3.99

#StopWhiteGenocideInSA