(Jwplayer)

September 25, 2015

#FarmAttack: Afrikaner mother & daughter attacked with stones at farm gate near Alldays, Limpopo


Afrikaner mother & daughter are lucky to be alive after being attacked by 2 black attackers at a farm gate & pelted with stones

Total of  35 FARM ATTACKS
10 FARM MURDERS 
&
 3 POSSIBLE FARM ATTACKS
 PREVENTED 

have already been reported this month 
(25 September 2015)


Terwyl een van die vyf verdagtes wat Saterdag in Thabazimbi in verband met die moord op Petro Res in hegtenis geneem is, steeds nie met die voorval verbind kan word nie, is ‘n ma en dogter van Alldays gelukkig om te leef nadat hulle op ‘n plaas in dié gebied met klippe bestook is.

Plaaseienaar, Walter Slippers, het gesê die restaurantbestuurder op die plaas, Susan Longford en haar dogter het Saterdagaand na sluiting op pad na die plaashek gestop om ‘n rots uit die pad te verwyder.
“Longford se dogter het probeer uitklim, maar besef dat hulle voertuig te naby aan die muur by die plaashek geparkeer is. Toe Longford probeer het om agteruit te stoot sodat haar dogter kon uitklim het twee vermeende aanvallers agter die muur uitgespring en hulle met klippe begin stook,” sê Slippers.
Longford sê al wat deur haar kop gegaan het, was om weg te kom. “Op pad terug na die restaurant het my dogter Slippers oor die radio geroep. Ons vermoed daar was net twee aanvallers. Een het ‘n klapmus opgehad en ons kon nie sien of hul gewapen was nie.”

Slippers sê die polisie was op die toneel, maar die beamptes kon glo nie vir bystand vra om die vermeende aanvallers op te spoor nie omdat die spoorsnyers van Polokwane eers die volgende dag kon uitkom plaas toe.

“Ek het my eie ondersoek gedoen en self die spore gevolg en gefotografeer. Maandag was ek by die Alldays polisiestasie om met die kommissaris te praat oor die swak diens. Hy was glo nie daar nie en sou my kontak. Ek het nog geen oproep van hom ontvang nie.”

Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto het die voorval bevestig en gesê die polisie ondersoek ‘n saak van saakbeskadiging.
Intussen het Slippers laat weet dat boere deur ‘n plaaslike veiligheidsgroep gewaarsku is nadat ses Zimbabwiërs glo ‘n plaaseienaar se elektroniese hek naby die Zanzibar-grenspos oopforseer het. Hulle het glo op die vlug geslaan toe die plaaseienaar hulle gewaar en nader beweeg het.

Petro Res, haar man, Bruno en ‘n vriendin, Marie Barnard is Vrydagaand op die wildplaas Motlodi Lodge buite Thabazimbi aangeval. Bruno is in die arm en Petro in die kop geskiet. Die drie slagoffers is in ‘n instapkluis toegesluit waar Bruno en Barnard byna 16 uur saam met Petro se lyk vasgekeer was.
Die bure het glo Saterdag op hulle afgekom en die polisie ontbied. Vuurwapens en ammunisie is tydens die aanval gesteel.
Een verdagte was glo in besit van ammunisie wat vermoedelik aan die Res-egpaar behoort het. “Ons is nog besig met die ondersoek, maar tot dusver kan die verdagte nie met die moord verbind word nie,” sê Otto.

Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika Noord (TLU) se voorsitter, Steven Vermaak het intussen sy medelye teenoor die Res-familie uitgespreek en ‘n beroep op die provinsiale polisiekommissaris, Fannie Masemola, Premier Stan Mathabhata en partyleiers gedoen om dringend met die organisasie te vergader sodat die kwessie ernstige aandag kan geniet.
“Ons het simpatie en medelye met polisielede wat vermoor word. Daaroor sê die regerende party gewoonlik baie en slagoffers se families kry gereelde besoeke van hooggeplaasdes. Die moord van ‘n onskuldige vrou op haar plaas en die verminking van haar eggenoot asook slagoffers van plaasaanvalle elders in die land en die politieke stilte wat daarop volg is ‘n duidelike bewys dat dié tipe misdaad geen prioriteit by die polisie of die regering geniet nie.” http://www.observer.co.za/plaasaanvalle-wek-kommer/

#FarmAttack