(Jwplayer)

September 6, 2015

#FarmAttack: Farm Attack on a farm in Limpopo, Black Terrorist Shot Dead

ʼn Vermeende rower is Sondag in die vroeë oggendure doodgeskiet toe hy by ʼn huis op ’n plaas naby Letsitele in Noord Tranvaal probeer inbreek het.
Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 00:50 op ʼn plaas in die Constantia-gebied gebeur.
“Volgens inligting het die verdagte die elektriese omheining om die huis geknip en toe by ʼn venster probeer inbreek deur die diefwering terug te buig,” het sy gesê.
“Die eienaar van die plaas, Jacobus Kemp, het wakker geskrik en met ʼn haelgeweer van binne die huis op die verdagte gevuur. Die verdagte het uit die venster gespring en tussen 20 en 30 meter gehardloop voordat hy inmekaar gesak het. Hy is op die toneel dood.”
Otto het gesê toerusting wat gewoonlik tydens inbrake gebruik word, is aan die verdagte gevind. Sy het gesê ʼn saak van moord is aangegee
Dit is standaardprosedure dat ʼn moordsaak geopen word in so ’n geval, maar niemand is aangekla of in hegtenis geneem nie. Die saak sal ondersoek word en die dossier dan hof toe gestuur word wat sal bepaal of enigiemand vervolg sal word,” het sy gesê.
Volgens Otto blyk dit in hierdie stadium dat die verdagte alleen was, maar die moontlikheid van medepligtiges word ondersoek.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/rower-op-limpopo-plaas-doodgeskiet/

#StopWhiteGenocideInSA