(Jwplayer)

September 16, 2015

#FarmAttack: Update: Anger after SA police release 3 armed black attackers after attack on farmers in Zastron



Drie van die sewe mans wat Sondagmiddag in Zastron in ’n mislukte plaasaanval aangekeer is, is Dinsdag op waarskuwing in die landdroshof in die dorp uitgelaat.
Vier van hul makkers, onder wie twee wat uit was op parool weens moord en verkragting, bly tot hul borgtogaansoek in hegtenis.


Aanval gekeer: 3 vry


Drie van die sewe mans wat Sondagmiddag in Zastron in ’n mislukte plaasaanval aangekeer is, is Dinsdag op waarskuwing in die landdroshof in die dorp uitgelaat.
Vier van hul makkers, onder wie twee wat uit was op parool weens moord en verkragting, bly tot hul borgtogaansoek in hegtenis.
Thabo Mafele (25) en Tshotleho Monoana (32), wat op parool is nadat hulle tronkstraf weens onderskeidelik verkragting en moord uitgedien het, het Dinsdagmiddag saam met Ncamile Mankwae (20), Ellis Menziwa (23), Thembinkosi Mafoea (22), Mandla Skele (28) en Tsietsi Phomane (85) in die hof verskyn. Hul verskyning spruit uit ’n gefnuikte plaasaanval Sondagmiddag op die plaas Verlies in die distrik Zastron.
Die vinnige optrede van die boere in die omgewing in samewerking met die polisie het die booswigte se planne in die wiele gery nadat die noodplan geaktiveer is en drie van die mans binne 30 minute aangekeer is.
Volksblad het vroeër berig dat die drie gou aangekeer is nadat Manie Botha (67) ’n man met ’n pistool in die hand na sy woonhuis sien aankom en alarm gemaak het. Nog ’n verdagte is later met die hulp van ’n girokopter opgespoor en aangekeer. Met sy inhegtenisneming is op twee pistole beslag gelê. Een is vroeër vanjaar op ’n plaas in die omgewing gesteel.
Drie mans is later in die informele woonbuurt in die dorp aangekeer.
Mankwae, Mafoea en Phomane is op waarskuwing vrygelaat, terwyl die ander vier mans eers later vandeesmaand om borgtog kan aansoek doen. Dié mans het vlugtig op ’n aanklag van besit van gesteelde goedere, poging tot roof en besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen verskyn.
Hulle verskyn weer op 23 September in die hof wanneer Mafele, Monoana, Menziwa en Skele om borgtog kan aansoek doen.
http://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/2015-09-16-aanval-gekeer-3-vry

Also read:

● 2 possible farm attacks prevented at Zastron by #farmers + SA Police Service http://stopwhitegenocideinsareports.blogspot.co.za/2015/09/2-possible-farm-attacks-prevented-at.html

● #FarmAttack on farm Verlies, Zastron, Free State. 4 Black attackers arrested. 2 firearms recovered http://stopwhitegenocideinsareports.blogspot.co.za/2015/09/farmattack-on-farm-verlies-zastron-free.html

#FarmAttack Update