(Jwplayer)

September 9, 2015

#FarmAttack: Update: Free State farmer ambushed at farmgate & shot. NOTHING ROBBED!

#StopWhiteGenocideInSA

Skietlustiges se ‘kopskoot’ tref toe boer in maag


KIMBERLEY. – Dit was die Here se genade dat die skoot nie in sy kop was en sy dood veroorsaak het nie.

Só het Douglas Pope (69) Dinsdag in sy hospitaalbed in die Mediclinic Gariep in die Diamantstad gesê nadat hy Dinsdagoggend by sy plaashek deur die buik geskiet is.

Pope, wat sowat 40 km buite Kimberley in die distrik Boshof op die plaas Success boer, was vroegoggend na die tandarts op pad. Hy het by die hek stilgehou om dit oop te sluit toe hy geskiet is.

“Ek dink die skoot was na my kop gemik. Ek het op daardie oomblik gebuk om my heksleutels, wat geval het, op te tel.

“Ek het ’n motor in die pad gehoor. Dit is toe dat ek die brandpyn gevoel het. Ek het op my knieë neergesak en ’n wit motor gesien. Ek het ’n hand met die vuurwapen daarin by die agtervenster sien uitsteek. Die voertuig het weggejaag.”

Hy het in sy bakkie geklim en terug gery huis toe. Dit is sowat 5 km van die hek. Daar het hy sy vrou, Louise, aangetref en haar vertel hy is geskiet.

“Sy het toe vreeslik geskreeu. My seun Douglas het uit die huis gestorm gekom. Hulle het die polisie gebel en Douglas het met my na die hospitaal gejaag. Die wond het nie baie gebloei nie.”

Op pad na die hospitaal het hulle gesien hoe boere die pad versper. Die polisie het ingangroetes bewaak en die omgewing gepatrolleer.

In die hospitaal is x-straalfoto’s geneem en ’n skandering gedoen. Die koeël is van agter na voor deur sy regterkant. Wonderbaarlik is geen organe getref nie.

“Die dokters sal my twee dae in die hospitaal hou om te verseker die wond genees goed,” het Pope gesê.

“Dit gaan niks help om histeries te raak en meer veiligheidstelsels aan te bring nie. Indien iemand by my huis wil inkom, sal hy.

“Ek dink dit was iemand wat skietlustig was. Ek glo nie dit was ’n poging tot ’n plaasaanval nie. Dan sou hulle na die huis gekom het.

“Ek voel nie bang nie, net wanneer my vrou so skreeu,” het hy met ’n glimlag gesê.

Sy ander kinders, Philip en Mia, het dadelik van Gauteng vertrek om hom by te staan.

Konst. Mosili Ntsika, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. “Die boer is omstreeks 08:00 voor sy plaashek in die maag geskiet.

“Die Vrystaatse polisiediens is deur die georganiseerde misdaadeenheid in Kimberley, die lugvleuel en honde-eenheid bygestaan om na die verdagtes te soek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

http://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/2015-09-09-skietlustiges-se-kopskoot-tref-toe-boer-in-maag

ALSO READ:
● #FarmAttack: Free State farmer shot in stomach by 5 Black attackers on his farm

A farmer from the Free State was shot just outside his farm in the Boshoff area on Tuesday, September 8, 2015.
Const. Mosili Ntsika, police spokesperson, said Dougie Pope was shot around 08:30 at the entrance to his farm.
“We have very little information so far, but Pope was apparently busy opening the gate of his farm when he was shot from a passing vehicle,” she said.
“Three black men in a white car were involved, but we do not know what kind of car it was. Pope managed to stumble back into the farm and called his son, who rushed him to hospital.” Ntsika could not confirm how seriously Pope was injured. Police are investigating the case.


http://stopwhitegenocideinsareports.blogspot.co.za/2015/09/farmattack-free-state-farmer-shot-in.html?

#StopWhiteGenocideInSA