(Jwplayer)

September 19, 2015

#FarmAttackPrevented: Possible Phalaborwa #FarmAttack prevented by Pietersburg police. 4 Black attackers arrested, another 2 still at large




PoLISIE FNUIK ROOF, STOP VERMEENDE PLAASAANVALLERS






Vier vermeende rowers het verlede Donderdagaand hul rieme styfgeloop toe die polisie hulle op die rybaan van die Fontana Diensstasie Engen in Groblerstraat ingewag en gearresteer het.
Twee van hul makkers het egter ontvlug en was teen druktyd nog op vrye voet.
Ntobeng Phala, Polokwane polisiewoord­voerder, sê dat inligting van ‘n wetsgehoorsame burger onvang is dat ‘n rooftog by die diensstasie beplan word en dat wapens vir dié doel aangekoop is.
Die polisie het die rowers by die stasie ingewag en op hulle toegeslaan net nadat hulle in twee voertuie op die toneel stilgehou het. Vier mans, wat later as Zimbabwiërs geïdentifiseer is, is gearresteer maar nog twee mans, wat gewapen was met verskeie wapens, het die polisie ontglip.
Volgens Phala het dit tydens ondervraging aan die lig gekom dat hulle na bewering op pad na Phalaborwa was om ‘n plaasaanval uit te voer.
Die Volkswagen Golf wat in die voorval gebruik is, word tans ondersoek om vas te stel of dit gesteel of in ander misdrywe gebruik is.
Die eienaar van die vulstasie het verkies om nie kommentaar te lewer nie. Phala kon teen druktyd nie bevestig of die verdagtes al voor die hof verskyn het en wanneer die saak weer op die hofrol sal verskyn nie.
http://www.observer.co.za/polisie-fnuik-roof-stop-vermeende-plaasaanvallers/

#FarmAttackPrevented