(Jwplayer)

September 9, 2015

#FarmMurder: Update: 2 black attackers guilty for the torture-murder of Mr Sarel Janse van Rensburg


Beskuldigdes in moord op Mpumalanga-boer skuldig bevind in hof


Die moordenaars van Sarel Janse van Rensburg is vandag deur waarnemende regter Andries Lambrechts in die Middelburg-landdroshof skuldig bevind. Janse van Rensburg (75) is op 18 September 2014 op wreedaardige wyse op die plaas Froggy Pond in die Tonteldoos-distrik, Mpumalanga vermoor.
Vandag, bykans ʼn jaar later, het die lang arm van die gereg uiteindelik vir Papiki Mokwena en Eric Mtombeni ingehaal. Die familie van Janse van Rensburg is absoluut verheug oor die uitspraak. Claudine van Wyk, dogter van die oorledene, sal in alle waarskynlikheid vir strafverswaring moet getuig voordat vonnisoplegging môre in die hof geskied.
Die flink optrede van boere en bure in die omgewing asook die SAPD het tot die vinnige arrestasie van die twee aanvallers gelei. Van Wyk meen dat sy baie verlig en dankbaar is om te weet dat die aanvallers gevang is en dat hulle nou sal boet vir wat hulle aan haar pa gedoen het.
“Geregtigheid vind wel plaas en hoewel my pa nie aan ons terugbesorg kan word nie, voel en hoop ek dat hulle lewenslank sal sit, aangesien hierdie mans ongenaakbaar en gevaarlik is,” het Van Wyk gesê.
Mokwena was ten tyde van die aanval uit op borgtog. Albei beskuldigdes het onskuldig gepleit op die aanklagtes teen hulle.
ʼn Werknemer op die plaas het getuig dat hy die oggend van die 18de om teetyd net ná 10:00 die oggend by die plaashuis aangeklop het om vir vleis te vra. Toe niemand egter antwoord nie, het hy ingegaan en Janse van Rensburg bebloed aangetref. Die twee beskuldigdes is kort daarna gewaar toe hulle oor ʼn heining gespring het. Werkers op ander plase in die omgewing het ook gesien hoe die twee op vlug slaan en het dieselfde tyd gehoor hoe Janse van Rensburg se werkers alarm maak en om hulp roep.
Bure wat op die netwerkradio van die aanval gehoor het, het hulle na die plaas gehaas. Op pad daarheen het bure die twee aanvallers gewaar terwyl hulle in die teenoorgestelde rigting gestap het; die een aanvaller het selfs in ʼn bos langs die pad probeer wegkruip toe hy besef dat daar na hulle gesoek word. Die polisie, wat intussen op die toneel opgedaag het, het die tweede aanvaller in aanhouding geneem, aangesien hy verdag voorgekom het. Die eerste aanvaller is kort daarna in die bos opgespoor, terwyl verskeie gesteelde goedere in die besit van die verdagtes gevind is.
Janse van Rensburg, wat erge kopwonde tydens die aanval opgedoen het, was reeds dood met die polisie se aankoms op die toneel. Die kluis is met ʼn hoekslyper oopgesny en ʼn vuurwapen en kontant is gebuit.
Die hof het die beskuldigdes se getuienis verwerp nadat hulle aangevoer het dat die oorledene se bloed op hulle klere beland het nadat hulle klaarblyklik deur die polisie na die toneel geneem is om uitwysings in die huis te doen; dit was egter glad nie die geval nie. Die regter het geargumenteer dat die bloed slegs op hulle klere kon beland indien hulle die slagoffer persoonlik aangerand en vermoor het.
“Ek is saam met die familie verheug en dankbaar oor die uitspraak. Al sal die vonnis nie hulle pa kan terugbring nie, kan hulle tog voortgaan met die wete dat die moordenaars agter tralies is. Daar is baie families wat egter nie so gelukkig is nie,” meen Lorraine Claasen, ʼn kriminoloog verbonde aan AfriForum, wat die uitspraak bygewoon het.
https://www.afriforum.co.za/plaasmoordbeskuldigdes-word-gevonnis/

Also read:
● Farm Attack - Plaas Aanval
 Tonteldoos, Limpopo, Limpopo
18 September 2014 - Reported by http://turnitaround.co.za/reports/7690

Farm manager tortured then shot through the head 
Dullstroom, South Africa – Farm manager Sarel Janse van Rensburg, 75, farm Froggy Pond, Tonteldoos outside Dullstroom, Limpopo Sept 18 2014, Tortured while tied up, then shot dead.

The murdered man’s daughter Claudine van Wyk said her father was stabbed with a knife in his chest and then he was shot dead with a bullet into his head.

“He would have celebrated his 76th birthday in November,’ his daughter told Beeld.

She said the police had to restrain her from seeing her dad when she rushed to the farm: ‘his head is one big mess’, she said.

SAPS colonel Ronél Otto said Mr Janse van Rensburg was working on the farm at 11am by himself.

Two black males showed up asking for jobs and water.

The widower went into the house to fetch water and was attacked inside the homestead, where he lived alone.

Afriforum spokesman Ian Cameron said ‘our information is that Mr Janse van Rensburg was first beaten with a steel bar before he was tied up with his own shoe-laces. “When he was tied up, they stabbed him in the chest with a knife – and then shot him dead by firing a bullet through his head.’

Their only loot was a tin with cash and some portable household goods.

The farm workers came across his body – workers and neighbours all reported that they had seen two black men run away through the fields.

The police were called and the two males, 21 and 25, were arrested with the money-tin in their possession.

One man was recently released on bail for an earlier house-robbery said Otto.

The farm manager’s brother Johan, 77 and his sister in law Gloudien 62, were also murdered two years ago in June 2012 on their farm near Baltimore.

The farm manager is the fifth farm murder in Limpopo since July 2014. 












Video: Lewenslank vir moordenaars

Claudine van Wyk kyk na 'n herinneringsbord van haar pa Sarel Janse van Rensburg wat op die plaas Froggy Pond vermoor is.

Claudine van Wyk kyk na 'n herinneringsbord van haar pa Sarel Janse van Rensburg wat op die plaas Froggy Pond vermoor is.
Mnr. Janse van Rensburg is op 18 September 2014 op die plaas Froggy Pond in die Tonteldoos omgewing vermoor.

Papiki Mokwena en Eric Ntombeni is Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.Papiki Mokwena en Eric Ntombeni is Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Regter Andries Lampbrechts het aan Papiki Mokwena en Eric Mthombeni gesê dat daar nie omstandighede bestaan wat hom noop om af te wyk van die voorgeskrewe vonnis nie.



Hy het plaasaanvalle gedefinieer as aanvalle op mense, wit of swart, wat op plase bly en dikwels nie terug kan baklei nie.




http://mobserver.co.za/34202/sarel/




● Murder trial of 2 blacks begins for torture-murder of #Afrikaner farmer Janse van Rensburg 75 http://stopwhitegenocideinsareports.blogspot.co.za/2015/09/murder-trial-of-2-blacks-begins-for.html?


● Murder: trial of two blacks Middelburg Nov 4: torture-murder ...
www.censorbugbear.org › reports › view
Nov 4, 2014 - The two black male suspects arrested for the torture-murder of Mr Sarel Janse van Rensburg have ...



#StopWhiteGenocideInSA