(Jwplayer)

September 12, 2015

#HospitalGenocide: Attack: Video: Abusive ‪#‎SouthAfrican‬ hospital staff humilates, grossly neglects ‪#‎Afrikaner‬woman Maria Schuller, 85




■ 


’n Bejaarde vrou is glo verwaarloos, verneder en met bykomende beserings uit ’n hospitaal in Johannesburg ontslaan nadat sy haar heup gebreek het.

In die 17 dae wat Maria Schuller (85) in die Charlotte Maxeke-hospitaal deurgebring het, het sy ’n septiese bedseer en wonde aan haar been opgedoen en die gebruik van haar arm verloor.

Die 85-jarige Maria Schuller se dogter sê sy is in die Charlotte Maxeke-hospitaal verneder en verwaarloos. Foto: Mary-Ann Palmer Sharon White. Foto: Mary-Ann Palmer

Sy is deur hel, het Sharon White, haar dogter, aan Beeld gesê.

“Elke keer wat ek my ma besoek het, het sy kaal en in haar eie ontlasting gelê.

“Hulle sou haar nagklere uittrek, want dit is bevuil, en haar dan kaal (onder die kombers) los met haar borste ontbloot.”

White het volwasse doeke gekoop en dit hospitaal toe geneem, maar die personeel het vir haar gesê hulle gebruik dit nie.

Schuller was te swak om self te eet en die personeel het haar nie gevoer nie, beweer White.

Haar arm waarin die binneaarvoeding was, het glo ná ’n week in die hospitaal opgeswel en swart geword.

“Hulle kon nooit vir my sê wat is fout met haar arm nie en haar arm is nou mank.”

Schuller het op 2 Augustus by die Queenshaven-ouetehuis in die suide van Johannesburg geval en haar heup gebreek.

Sy het eers ’n nag in die Suidrand-hospitaal deurgebring en is toe na die Charlotte Maxeke-hospitaal oorgeplaas vir ’n operasie aan haar heup.


White erken haar ma se gesondheid was reeds voor die hospitalisering nie goed nie. Sy het demensie, ’n aneurisme, het al ’n driedubbele hartomleiding gehad en moes ’n antistolmiddel gebruik. Daarom kon daar nie dadelik op haar geopereer word nie.

Sy is op 17 Augustus geopereer en drie dae later ontslaan. White het haar toe kaal in ’n stoel in haar ontlasting aangetref.

Sy het verpleegsters gevra om haar ma te help loop en toe hulle aan haar raak, het sy begin gil van die pyn.

“Tot vandag toe skree sy as enigiemand aan haar raak.”

Schuller is by die Queens­haven-ouetehuis vir beserings ondersoek.

’n Groot bedseer is aan haar laerug ontdek, asook oop septiese wonde aan die been met die gebreekte heup wat in traksie gelê het.

White is nie van dié beserings ingelig toe haar ma ontslaan is nie.

By Beeld se besoek aan die ouetehuis Woensdag was Schuller swak, maar goed versorg. Sedert sy geval het, kan sy weinig kommunikeer.

Sy ontvang morfien vir pyn.

“My ma is nou na aan die einde van haar lewe. Dit eindig egter nie nou weens ouderdom nie, maar weens al hierdie bykomende beserings.”

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, het by navraag berou uitgespreek oor die gebeure en gesê die departement sal die bewerings ernstig ondersoek.

“Intussen het die hospitaal se uitvoerende hoof, Gladys Bo­goshi, White gekontak om ’n paar goed vas te stel en die hospitaal se verskoning oor te dra.”


https://m.facebook.com/boerekrisisaksie/photos/a.178568022169751.48293.116298045063416/1224889337537609/?type=1&ref=bookmarks

#HospitalGenocide