(Jwplayer)

September 8, 2015

#HospitalGenocide: Blindness of #Afrikaner man, Dean Els (21) Caused by State Hospital Negligence in South Africa

Argief foto


Staatshospitaal Nalatigheid, Man Eis Nadat Spyker Oog Blind Maak


PRETORIA – ‘n Spyker het in Dean Els (21) se oog gesteek, maar al behandeling wat hy in ’n staatshospitaal kon kry, was oogdruppels nadat sy sig getoets is.

Nou eis hy R1,75 miljoen van die Sentraal-Transvaalse owerheid nadat die oog blind geword het. Die oog lyk ook dof, volgens sy prokureur, Greyling Erasmus van Pretoria in Sentraal-Transvaal. Die Noord-Transvaalse hooggeregshof het beslis Els mag met sy eis voortgaan, al het die voorval reeds in 2011 gebeur.
Els, van Geduld in Springs, het houtwerk gedoen toe ’n spyker in sy oog gesteek het. Hy is inderhaas na die Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg geneem. ’n Oftalmoloog het hom “kortliks” daar ondersoek en hom dadelik na die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gestuur. ’n Oftalmoloog het sy sig getoets en druppels in sy oog gegooi. Dié spesialis het toe glo gesê alles is in orde en het Els ontslaan.

Volgens Els is hy behoorlike behandeling geweier op grond van die verkeerde opvatting “dat daar niks verkeerd met hom was nie”. Hy het egter ernstige trauma aan die oog opgedoen. Die hof het Els verskoon omdat hy te laat kennis gegee het dat hy van ’n staatsinstelling wil eis. Ten tyde van die spykerongeluk het Els houtrame vir beddens gemaak. Hy werk tans by die kouevleisvervaardiger Smokies in Springs.

Els het in ’n verklaring voor die hof gesê hy is ’n leek en was huiwerig om regstappe teen die owerheid in te stel http://bmarksa.org/nuus/staatshospitaal-nalatigheid-man-eis-nadat-spyker-oog-blind-maak/

Also read:
More ANC government hospital genocide exposed: Hospital murders: the hidden genocide of whites in South Africa which goes unpunished
http://stopwhitegenocideinsareports.blogspot.co.za/2015/09/more-anc-government-hospital-genocide.html?

#StopWhiteGenocideInSA