(Jwplayer)

October 10, 2015

#ATTACK: Afrikaner Vermaak couple brutally attacked, threatened & assaulted by a armed black barbarian for no reason in Pretoria. NOTHING ROBBED




Rina en Coen Vermaak


Bejaarde egpaar wreed aangeval

Twee bejaardes is Dinsdag wreed in East Lynn aangeval en erg beseer toe hulle met ‘n klip in die gesig gegooi is.
Coen Vermaak (69) en sy vrou Rina (60) sukkel nou om snags te slaap. Hulle sê hul geswelde gesigte, kneusplekke en breuke is minder erg as die emosionele trauma wat hul bybly.
“Ons het die oggend geloop om ’n taxi te kry. Ons was nie seker of die stad se busse weer loop nie en ons moes by die ontvanger se kantoor uitkom,” vertel Coen.
Hy praat moeisaam met sy gebreekte kakebeen en die swelling in sy gesig. Rina sit langs hom – die regterkant van haar gesig erg gekneus.
Die egpaar het vroegoggend, omstreeks 04:30, die huis verlaat en het besluit op ’n kortpad deur Lammervangerstraat.
“My vrou kan nie baie ver loop nie. Sy het ’n operasie aan haar heup gekry en moet met twee krukke beweeg,” sê Coen.
Aan die einde van Lammervangerstraat moes hul net ’n grondpaadjie oorsteek om by die minibus-staanplek uit te kom.
“Ek was ’n paar tree voor my vrou toe ’n man verby my loop, skielik voor haar inspring en ’n pistool teen haar gesig druk.”
Coen vertel van sy skok en angs toe hy omdraai en die man die skietding op hom rig met die dreigement: “Ek sal julle doodskiet!”
“Hy het toe die sneller getrek,” onthou Coen met ‘n strak gesig. “Maar die skoot het nie afgegaan nie.”
Die gewapende man het weer sy pistool oorgehaal en weer het die vuurwapen geweier.
“Dis toe dat ek een van my vrou se krukke gryp en die man begin slaan,” vertel Coen.
In Coen se desperaatheid het hy die man onderstebo geslaan.
“Voor ons kon wegkom, het hy ’n klip opgetel, opgespring en my daarmee in die gesig gegooi.”
Coen het sy kakebeen hoor kraak en sy tande in sy mond voel breek.
Die aanvaller het die klip opgetel en weer na Coen gemik. Hierdie keer het hy misgegooi en die klip het Rina in die gesig getref.
Rina wys na haar bebloede regteroog. Sy dra ‘n bril en die steen het die glas in haar gesig gebreek.
http://rekordmoot.co.za/53293/bejaarde-egpaar-wreed-aangeval/

ATTACK