(Jwplayer)

October 2, 2015

#ATTACK: Afrikaner woman brutally assaulted by black attackers in Coligny. Police did not answered calls. Stolen vehicle was recovered by white farmers

Ansie Pretorius nadat die rowers haar aangerand het.
’n Voertuig wat Woensdagoggend in ’n rooftog in Coligny, Noordwes, gesteel is, is gou teruggevind danksy die WhatsApp-groep van boere in die omgewing.
Piet Pretorius sê sy vrou, Ansie, was oudergewoonte vroegoggend by haar werk by die onderneming Tau Rollemeule.
“So net voor 07:00 is ’n vrag afgelaai. Toe kom ’n gewapende man en sy makker daar in.”
Volgens Pretorius het hulle sy vrou geskop en geslaan. Haar hande en dié van Chantelle de Beer, wat ook in die winkel werk, is met maskeerband vasgebind en hul monde is toegeplak.
Hulle het sowat R17 000 en sy vrou se ring gesteel voordat hulle weg is met die egpaar se GWM Hover.
Volgens Pretorius het niemand die telefoon by die polisiekantoor geantwoord nie. Hy het self soontoe gery. Die polisie was kort daarna op die toneel.
Intussen het Pretorius ook Marius Keyser van ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy gebel. Keyser het dadelik ingespring om te sorg dat ’n Whats-App-boodskap oor die rooftog uitgestuur word. Verskeie boere in die omgewing behoort tot die groep.
Een van hulle het Pretorius se voertuig op ’n plaas opgemerk. Die polisie is toe soontoe en die voertuig is teruggekry, maar sover bekend is niemand nog aangekeer nie.
“My vrou se oog is blou, haar ribbe is seer en sy loop kruppel,” het Pretorius gesê.
http://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/2015-10-02-boere-flink-op-selfoon-voertuig-teruggekry

COLIGNY – ’n Voertuig wat Woensdagoggend in ’n rooftog in Coligny, Wes-Transvaal, gesteel is, is gou teruggevind danksy die WhatsApp-groep van Boere in die omgewing.

Volgens Piet Pretorius was sy vrou, Ansie, vroegoggend by haar werk by die onderneming Tau Rollemeule. Omstreeks 07:00 is ’n vrag afgelaai, toe kom ’n gewapende man en sy makker daar in. Volgens Pretorius het hulle sy vrou geskop en geslaan. Haar hande en dié van Chantelle de Beer, wat ook in die winkel werk, is met maskeerband vasgebind en hul monde is toegeplak.

Die aanvallers het sowat R17 000 en Ansie se ring gesteel voordat hulle weg is met die egpaar se GWM Hover. Volgens Pretorius het niemand die telefoon by die polisiekantoor geantwoord nie. Hy het self soontoe gery. Die polisie was kort daarna op die toneel.

Intussen het Pretorius ook Marius Keyser van ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy gebel. Keyser het dadelik ingespring om te sorg dat ’n Whats-App-boodskap oor die rooftog uitgestuur word. Verskeie Boere in die omgewing behoort tot die groep. Een van hulle het Pretorius se voertuig op ’n plaas opgemerk. Die polisie is toe soontoe en die voertuig is teruggekry, maar sover bekend is niemand nog aangekeer nie http://bmarksa.org/nuus/boere-wat-saamstaan-vind-gesteelde-voertuig/

ATTACK