(Jwplayer)

October 7, 2015

#ATTACK: SERIOUSLY INJURED: Afrikaner family attacked by black attackers. The father, Eugene was shot in the stomach & in serious condition in hospital




Roodeplaat-slagoffer ernstig



n Man wat die naweek in ’n rooftog by Roodeplaatdam gewond is, is in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Die 51-jarige Eugene Smit se vrou, Charmeine sê hy is aan ’n ventilator gekoppel wat hom help om asem te haal.

Smit is Sondagoggend in die maag geskiet toe gewapende rowers hom by die vakansieplek Eagle’s Nest geteiken het. Sy vrou en vier kinders was saam met hom.

Hy is per helikopter hospitaal toe gehaas.

“Hy is Sondag geopereer om skoon te maak en heel te maak waar hulle kon,” skryf sy vrou op Facebook.

“Maandag moes hy weer in teater toe waar hulle sy regter-nier verwyder het as gevolg van interne bloeding, ’n bloedklont en vrees vir infeksie.”

Charmeine sê die wond is nog oop weens oormatige swelling.

“As hulle toemaak en dit swel steeds, is daar ’n moontlikheid dat die drukking weer bloeding kan veroorsaak,” sê sy.

Hy is onder verdowing en aan ’n ventilator gekoppel.

Smit sal nog ’n operasie moet ondergaan om ’n splinter in sy rugmurg te verwyder.

“Mense, ek vra asseblief dat julle aanhou bid saam met ons,” sê Charmeine en bedank die mense wat die gesin ondersteun. http://rekordnorth.co.za/54387/roodeplaat-slagoffer-ernstig/

ALSO READ:
● ATTACK: Man in critical condition after being shot near the Roodeplaat Dam in PTA on Sunday morning


Attack