(Jwplayer)

October 13, 2015

#ATTACK: SERIOUSLY INJURED: Afrikaner father of Johannesburg is in a critical condition after he was shot 7 times by black attackers on Monday morning

 


ʼn Pa van Johannesburg is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagoggend tydens ʼn gewapende roof glo minstens sewe keer geskiet is.

ʼn Pa van Johannesburg is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagoggend tydens ʼn gewapende roof glo minstens sewe keer geskiet is. Gert Havenga, die stiefpa van André Buitendag (43), het aan Maroela Media gesê sy seun werk vir ʼn veiligheidsmaatskappy wat vragmotors en voertuie wat kontant vanaf spesifieke optelpunte na banke vervoer, vergesel. Die rooftog het in Van Buurenweg in Bedfordview plaasgevind. Buitendag was saam met ʼn kollega in ʼn voertuig wat ʼn ander voertuig met ʼn groot bedrag kontant vergesel het, toe die voorval gebeur het. Die gewapende rowers het na bewering op Buitendag-hulle se voertuig losgebrand, terwyl hulle die kontant uit die ander voertuig geroof het. Hulle het met ʼn onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan. “André dra altyd ʼn vuurwapen by hom, maar ons weet nie of hy genoeg tyd gehad het om vuurwapen oor te haal nie,” het Gert gesê. “Sy kollega kon betyds uit die pad kom, maar hy het vermoedelik gesukkel om sy veiligheidsgordel los te kry en is verskeie kere geskiet. Die dokter het probeer om die koeëlwonde in sy lyf te tel, maar hy is nie seker presies hoeveel daar is nie. Ons dink hy is sewe keer gewond.” Volgens Gert is Buitendag in sy arm, maag, heup en lae rug getref. Hy is tans in ʼn geïnduseerde koma in die Netcare Union- hospitaal in Alberton. “Hy is ʼn diabeet en sy toestand is kritiek,” het Gert gesê. “Hulle kan nie nou die wonde toemaak nie. Hy moet dus nou net vir 48 uur lê totdat hulle hom kan stabiliseer en dan sal hulle weer die wonde verder behandel.” Gert het gesê Buitendag is die pa van ʼn 13- jarige seun. “Ons het hom nog nie vertel wat gebeur het nie. Dit gaan moeilik wees om vir ʼn kind te vertel sy pa is geskiet,” het hy gesê. Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê niemand is al in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van gewapende roof en poging tot moord is aanhangig gemaak.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/pa-in-koma-na-rowers-hom-sewe-keer-skiet/

ATTACK