(Jwplayer)

October 12, 2015

#ATTACK: Update: Afrikaner woman, Alta van Wal fights off black hijackers to save 4 year old



“Mamma, die skelms wou my vang,” was die eerste woorde wat Louis Coetzee (4) vir sy ma, Chalene (30), gesê het nadat twee mans hom Maandag uit sy tannie se motor by ʼn verkeerslig in Pretoria  probeer  pluk het. In  die  harwar het Alta van Wal, Louis se tannie, verbete aan hom vasgeklou  en van haar naels gebreek terwyl ʼn derde man haar ook uit  haar  motor wou pluk. Dit het so aangehou totdat twee jong mans wat in die motor agter haar was,  tot  haar redding gekom het. “Ons twee is oukei, nog net bietjie geskok. Maar ons is vreeslik dankbaar teenoor die Here wat ons beskerm het, en vir die twee jong mans wat tot ons redding gekom het,” het Van Wal Maandag aan Maroela Media gesê. 

Van Wal verduidelik sy en Louis was in haar Toyota Etios van East Lynn op pad na ʼn sakeonderneming in die weste van Pretoria. Louis was Maandagoggend siek en is nie oudergewoonte saam met sy sussie, Luane, kleuterskool toe nie en het saam met sy tannie gery. “Dit  was baie warm en die motor se vensters was halfpad oop. Ek het by ʼn rooi verkeerslig by die kruising  van  Kerkstraat-Wes en DF Malan stilgestaan.  Ek  en  Louis  het  gesit  en  gesels  toe die bestuurder van die rooi motor agter my ewe skielik  erg  op  sy  toeter  blaas  en hoofligte  flits.  Die  jong  mans  het met hul hande na buite my motor beduie,  toe  sien  ek daar is twee mans wat besig is om Louis aan sy arms uit die motor te trek.” Van Wal het gesê alles het so vinnig gebeur en al waaraan sy kon dink was om vir Louis te baklei. ʼn Derde verdagte kon intussen daarin slaag om Van Wal se deur oop te maak en het haar uit die motor probeer pluk.

“Die  twee jong mans het uit hul motor gespring, waarna die aanvallers die hasepad gekies het. Ek het  daarna weggejaag en wou net by ʼn veilige plek uitkom.” Sy het tot by die sakeonderneming gery waar die personeel haar kalmeer het. “Ek wou net die sake afhandel  en terugkom by die huis en om Louis by sy ma te kry. Chalene werk vir my man se onderneming wat ons uit ons huis bedryf.” Chalene het ʼn aan Maroela Media gesê sy is dankbaar dinge het nie erger uitgedraai nie. Sy het mense versoek om te alle tye bewus te wees van wat om hulle aangaan en om versigtig te wees as hulle  in  die  gebied  is. “Ek  weet nie wie die jong mans is wat my gehelp het nie, maar bedank hulle uit die diepte van my hart.  ʼn  Mens hoor altyd van die goed wat gebeur, maar dink altyd dit sal nie met jouself gebeur nie,”  het  Van Wal gesê.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/twee-probeer-pta-seun-4-by-verkeerslig-uit-kar-pluk/

ALSO READ:
● #ATTACK: Afrikaner woman, child (4) survive hijacking horror
http://stopwhitegenocideinsareports.blogspot.co.za/2015/10/attack-afrikaner-woman-child-4-survive.html

ATTACK