(Jwplayer)

October 2, 2015

#ATTACK: Update: Attacker who stabbed Evert Crafford, 83, wheelchair-bound amputee, 5 times get 15 years jail time

Evert Crafford.
Evert Crafford.
GEORGE. – ’n Twintigjarige verdagte wat ’n senior burger van De Rust, wat met een been en in ’n rolstoel oor die weg moet kom, aangerand en beroof het, is Dinsdag in die streekhof 15 jaar gevangenisstraf opgelê.
Neil Plaatjies het skuld beken op vier aanklagte: roof met verswarende omstandighede, menseroof, aanranding en saakbeskadiging. Evert Crafford (84) het blykbaar getuig dat Plaatjies hom met die dood gedreig het as hy dit sou waag om agtertoe te kyk of ’n verkeerde PIN van sy bankkaart gee.
Op ’n vraag van die staatsaanklaer, Corné Pretorius, of dit nie een van sy tuinwerkers was wat hom aangerand en beroof het nie, het Crafford geantwoord: “Nee, ek ken hulle soos my eie kinders.” Volgens hom was die man wat hom beroof het “veel frisser” as sy twee tuinwerkers. Crafford het by Plaatjies gepleit om hom nie seer te maak nie en het die sleutel van die brandkluis en sy bankkaart aan hom oorhandig.
Plaatjies het R1 130 en sy vuurwapen geneem en ook vir Alfonso Malgas, ’n tuinwerker, met die dood gedreig en uit die huis gejaag. Hy het Malgas ook met ’n mes op sy kop, skouer en bors gekap waarvoor hy steke gekry het.
Volgens Crafford het hy die betrokke aand in sy huis geslaap, maar die volgende dag na George verhuis. Plaatjies se weergawe dat Crafford se tuinwerkers, Alfonso en Jacobus Malgas, aan die aanranding deelgeneem het, is deur streeklanddros Mark van Wyngaardt verwerp. Plaatjies is 15 jaar gevangenisstraf opgelê op aanklag van roof met verswarende omstandighede asook vyf jaar op aanklag van menseroof omdat hy op 20 Desember 2014 vir Maryka Hendricks met ’n mes gedreig en in sy woning toegesluit het.
Hy is nog 90 dae gevangenisstraf opgelê vir die aanranding op Hendricks en 30 dae vir saakbeskadiging omdat hy ruite van Siena Hendricks se huis stukkend gegooi het. Die vonnisse word samelopend uitgedien 
http://bmarksa.org/nuus/bejaarde-se-aanvaller-kry-vyftien-jaar/

ALSO READ:
■ Survived: Evert Crafford, 83, wheelchair-bound amputee, stabbed 5 times by black male attacker who was arrested
Survived: Cruel assault on 83-year-old Evert Crafford of De Rust, wheelchair-bound due to an amputated leg De Rust residents are irate and shocked about the cruel assault on elderl ...


ATTACK