(Jwplayer)

October 12, 2015

#ATTACK: Update: Only one of the 3 attackers jailed for brutal attack on Afrikaner grandfather & grandchild 3 years ago at home



GEORGE NUUSFLITS - Een van drie huisrowers wat ‘n oupa, sy kleindogter en hul huishulp drie jaar gelede in hul huis in George-Suid oorval en met ‘n vuurwapen aangehou het, is vandag 15 jaar tronkstraf opgelê in die George-streekhof.
 
Godfrey Matroos (39) en twee onbekende mans het in Julie 2012 vir Mavis Taks, ‘n huishulp, en ‘n drie maande oue babameisie wat sy opgepas, het binne die woning verras en met ‘n vuurwapen gedreig.
 
Taks was omstreeks 10:45 besig om wasgoed op te hang. Met haar terugkeer in die huis in het een van die mans met die baba in sy arms gestaan. Hy het die vuurwapen teen die baba se gesig gedruk en vir Taks beveel om haar samewerking te gee, anders "skiet hulle die baba".
 
Die huiseienaar en oupa van die babameisie, Andy Wietsz, het kort na 12:30 die rowers in sy huis betrap waar hulle besig was om die woning te plunder. Hulle het Weitsz met ‘n potyster vleismeul in die gesig geslaan en die kluis se sleutels geëis.
 
Die baba se ma, Mandi Stoltz, het ‘n halfuur later ook by die huis opgedaag en is by die voordeur aangerand. Sy het om hulp geroep waarna die rowers met twee gesteelde selfone in hul besit weggehardloop het.
 
Die twee mans wat saam met Matroos by Weitsz se woning was, is nooit opgespoor nie.
Matroos is deur middel van ‘n vingerafdruk op die toneel geplaas. Hy het onskuldig gepleit en het beweer dat sy vingerafdruk daar gevind is omdat hy voorheen daar gewerk het, maar die eienaars het ontken dat hy ooit daar gewerk het.
 
Die saak het gedien voor streeklanddros MP Fourie en Reinet de Waal het vir die staat verskyn. Jacques Fivaz het vir Matroos verskyn.
 
Weitsz het vanmiddag gesê hulle is verlig dat die saak nou afgehandel is en dat hulle nou vorentoe kyk.
 
Die afgetrede speurder, adjudant-offisier Allie du Plessis, het die saak ondersoek en het Weitsz self geskakel met die nuus oor Matroos se vonnis.
 

#ATTACK