(Jwplayer)

October 4, 2015

#ATTACK:Update: Black Puk student who stabbed a Afrikaner student with a scissors, shouts at prosecutor in court




Puk-student wat glo met skêr steek, verskree aanklaer in hof


“Kom tot die punt, hier is geen geregtigheid nie, wat wil julle van my hê?”

’n Geskokte stilte het Maandagmiddag in hof B in die landdroshof in Potchefstroom neergedaal toe ’n Puk-student in die middel van hofverrigtinge dié woorde aan die staatsaanklaer geskree het.

Dit was kort nadat Eileen du Preez, die aanklaer, ’n aansoek gebring het dat Lerato Mpati Phoofolo na ’n psigiatriese hospitaal verwys word vir sielkundige waarneming. Du Preez was besig om Phoofolo se suster te kruisondervra toe hy sy vinger na Du Preez wys, op haar begin skree en uit die getuiebank opstaan. Familielede wat die verrigtinge bygewoon het, het hom probeer stilmaak, maar hy het voortgegaan met sy tirade dat “hierdie geen hof is nie”.

Die hof het kort daarna verdaag. Toe die verrigtinge hervat, het landdros Tebogo Mokgatle gesê die staat se aansoek word toegestaan en dat Phoofolo weer op 30 September in die hof moet verskyn.

Hy word daarvan beskuldig dat hy op 14 Augustus vroegoggend ’n wit koshuis student drie keer met ’n skêr in die manskoshuis Over-de-Voor gesteek het. Hendri van Dyk, ’n huiskomiteelid van dié koshuis, het kort ná die gebeure aan Netwerk24 gesê Phoofolo het hom aangeval nadat hy hom (Phoofolo) gevra het om sy musiek sagter te sit.

Du Preez het Maandag aangevoer dis duidelik uit beëdigde verklarings oor sy optrede kort voor en ná die skêrvoorval, dat Phoofolo anders as gewoonlik opgetree het. Getuienis is gehoor hy was afwisselend vriendelik en onbeheerbaar aggressief, ook toe hy ’n tweede keer gearresteer is omdat hy sy borgvoorwaardes verbreek het. Hy is die dag ná sy eerste arrestasie strydig met sy borgvoorwaardes na sy koshuis, nadat hy oor ’n muur geklim het om daar te kom.

Du Preez het gesê Phoofolo se verwysing na ’n inrigting is nie om hom te straf nie, maar juis om hom by te staan omdat dit duidelik blyk sy gedrag het die afgelope tyd verander. “Hy het goed gevorder met sy studies en is byna klaar.”

Phoofolo se familie wou hom ná die gebeure ook na ’n private psigiater neem om vas te stel hoekom hy skielik so aggressief is, het sy suster getuig. Landdros Mokgatle het gesê hy staan die staat se aansoek toe omdat dit op grond van die vroeëre beëdigde verklarings blyk daar is goeie gronde. “Sy beweerde aggressie het skynbaar ook aanleiding gegee tot die gewelddadige misdrywe waarvan hy nou aangekla word. Sy ongewone optrede en die uitbarsting in die hof, bevestig dit verder.”

Phoofolo word aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer, betreding, intimidasie en versuim om sy borgvoorwaardes na te kom. http://www.netwerk24.com/nuus/2015-08-31-puk-student-wat-glo-met-skr-steek-verskree-aanklaer-in-hof
ATTACK