(Jwplayer)

October 11, 2015

DOUBLE #FarmMurder: Update: Two black killers get life for Double-Murder of farmer couple Hennie & Frans van der Schyff





Klerksdorp Plaasaanval, Twee Moordenaars kry Lewenslank

KLERKSDORP – Die twee verdagtes wat Hennie en Frans van der Schyff op hul plaas naby Klerksdorp in Wes-Transvaal vermoor het, gaan albei lewenslank sit.

Piet Molefe (26) het skuld ontken, maar die rondgaande hof in Potchefstroom het Donderdag bevind hy is ’n leuenaar. Die Van der Schyffs is in Oktober 2013 op hul plaas Môrester aangeval. Albei het aan kopbeserings beswyk. Molefe is ’n verdere 22 jaar tronkstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Sy makker, Lebogang Botlhoko (26), het vroeër reeds skuld beken en is toe ook twee keer lewenslange gevangenisstraf opgelê.

Albei is met DNS aan die misdaadtoneel verbind. Onder meer ’n horlosie wat aan Frans (76) behoort het en ’n hangertjie wat Hennie (73) s’n was, is by Molefe gevind. Die moordenaars het Frans met polisieboeie vasgebind wat hy in die kluis gebêre het. Dit het aan hul oorlede seun Hubert, ’n polisieman, behoort.

Volgens hul dogter, Agatha Pretorius was dit vir haar ontstellend om in die hof te luister na die getuienis van Dolf Medea, ’n plaaswerker wat by was toe haar pa oorval en geslaan is. Die familie is glo baie tevrede met die manier waarop die polisie die saak behartig en die hofverrigtinge verloop het. Boere en die polisie het die rowers reeds die dag van die aanval vasgetrek.

Pretorius het nog ’n suster, Amanda de Waal, en twee broers, Reinhardt en Frans jr. Môrester is nou in die mark http://bmarksa.org/nuus/klerksdorp-plaasaanval-twee-moordenaars-kry-lewenslank/

Also read:
www.censorbugbear.org › reports › view
Oct 14, 2013 - »FARMITRACKER ... Boer coupleHennie and Frans van der Schyff 73 and 76 both dead from brutal ...

#FarmMurder