(Jwplayer)

October 8, 2015

#FarmAttack: Farm foreman attacked and brutally assaulted by two black attackers in the Free State

of a farm badly beaten in the Clocolan area in the early hours when two men broke into his house .

Nog n plaasaanval in die Oos-Vrystaat
Foto ter illustrasie. Mielielanderye naby Winburg in die 
In nog ’n plaasaanval in die Vrystaat is ’n voorman van ’n plaas in die Clocolan-omgewing in die vroeë oggendure erg aangerand toe twee mans by sy huis ingebreek het.
Een van Moses Mangwedi se aanvallers het opdrag gegee dat hy doodgemaak moet word, maar sy makker het glo tot Mangwedi se redding gekom.
Mangwedi is ’n voorman op die plaas Westbury sowat 12 km buite Clocolan.
Hy is Woensdag omstreeks 02:00 deur twee mans in sy huis oorval en erg aangerand.
Die voorval kom slegs vier dae ná die wrede aanval op Alison Oates (58), ’n boervrou van die plaas Oatesdale buite Harrismith.
Sy is deur twee mans op haar plaas ingewag en aangeval toe sy uit haar voertuig klim.
Sy is onder meer met ’n mes gesteek en met ’n strykyster gebrand. 
Brad Goldblatt, eienaar van Westbury, het Donderdag gesê die aanvallers het Mangwedi se been met ’n wielsleutel gebreek, hom met ’n mes gesteek en met ’n voorwerp oor die kop geslaan.
Mangwedi is in ’n stabiele toestand in ’n hospitaal in Bethlehem.
Goldblatt, wat in Clarens woon waar hy ook boer, sê die booswigte het ’n vragmotor en waentjie met gereedskap op gesteel, maar albei is later verlate langs ’n pad gekry. Die enjin het steeds geluier.
“Dit is ’n skok as jy 02:30 wakker gebel word en sulke nuus kry. Moses is ’n goeie mens, ’n goeie stroperbestuurder en iemand wat sy werk doen.
“Hy het ’n goeie geaardheid. Ons is dankbaar hy lewe. Dit is so ’n onnodige voorval,” sê Goldblatt.
Volgens hom is hy baie dankbaar vir die polisie se vinnige optrede.
Daar is al verskeie kere van sy vee gesteel, maar dit is die eerste keer dat daar ’n aanval op een van sy plase is.
Vrystaat Landbou (VL) het in ’n verklaring gesê hy is bekommerd dat voormanne en plaaswerkers die toenemende teikens van misdadigers word.
Hy het dié aanval, asook die een op Oates, veroordeel en boere versoek dat hulle hul werkers ook betrek by bestaande veiligheidstrukture in hul onderskeie omgewings.
Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Aanklagte van huisbraak, diefstal van ’n voertuig en aanranding met die opset om ernstig te beseer word ondersoek.
 Die polisie is ook steeds op soek  na Oates se twee aanvallers
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-10-08-ng-n-plaasaanval-in-oos-vrystaat

#FarmAttack