(Jwplayer)

October 6, 2015

#FarmAttack: Toitskraal area near Marble Hall. Black attackers believed to have fled on foot



Loskop Vallei Beveiliging

PLAASAANVAL AFGEWEER BUITE MARBLE HALL !!
Enkele minute voor 02h00 vanoggend het 'n noodroep vanaf 'n perseel uit die Toitskraal omgewing, buite Marble Hall, by Bellum Sekuriteit se beheerkamer deurgekom. Die noodroep is dadelik op die Toitskraal Boereroep radio uitgesaai en ook twee van Bellum se reaksievoertuie is na die perseel ontplooi.
Die aanvallers het te voet gevlug toe die eerste Bellum voertuig minute later aangejaag kom na die plaashuis. Kort daarna het daar ook van die bure en ander boere opgedaag. Die vier spore soos op die fotos, asook fietsspore is gevolg vir die res van die oggend. Inbraaktoerusting, klere, asook fietse is op die spore gekry toe die spoorsnyers op 'n stadium baie naby aan die aanvallers was.
Talle boere het alle ontsnaproetes en paaie blokkeer. Van die ander veiligheidsmaatskappye het ook aangesluit en gehelp met die soektog. Hiermee ons dank aan almal wat flink reageer en gehelp het tot nou en nog steeds besig is!! Dank ook die Almagtige Vader vir 'n goeie uitkoms!!
Indien die spore gewaar word of daar enige verdere info is, skakel asb dadelik Bellum se beheerkamer by 082 637 2442.
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1505252946439222&id=1482122752085575



#farmAttack