(Jwplayer)

October 27, 2015

#FarmMurder: Update: Afrikaner family man dies in front of his family after 6 armed black attackers opens fire on the family at home on a smallholding near LTT. NOTHING ROBBED!

Six armed black killers surrounded the house outside, shouted: " We're going to kill you all "

Johan Oelofse , a 42 -year-old builder of Louis Trichardt in Limpopo fights back man alone against six armed black attackers who opened fire on their smallholding home. A total of 19 windows were shot to pieces.

In the hail of bullets, Johan Oelofse was felled with a fatal gunshot wound to the head
#StopWhiteGenocideInSA


Bevestiging van moord: Johan Oelofse, ʼn 42-jarige bouer van Louis Trichardt in Limpopo, het Sondagaand manalleen ses aanvallers afgeweer wat uit die bloute lukraak losgebrand het op die huis waar hy en sy geliefdes op ʼn kleinhoewe buite die dorp woon.

Johan Oelofse, ʼn 42-jarige bouer van Louis Trichardt in Limpopo, het Sondagaand manalleen ses aanvallers afgeweer wat uit die bloute lukraak losgebrand het op die huis waar hy en sy geliefdes op ʼn kleinhoewe buite die dorp woon.
Hy het sy lewe geoffer, maar kon in sy doel slaag om hulle uit die huis te hou. Oelofse en sy vriendin, Miempie du Toit (42), het Sondagaand televisie gekyk kort nadat Du Toit se twee kinders, Wimpie (10) en Inge (16), gaan slaap het toe “alle hel” omstreeks 21:30 losgebars het. “Inge het skaars haar kamerlig afgesit. Die huis was donker en net die televisie was aan toe Inge se kamervenster stukkend geskiet is,” het ʼn erg getraumatiseerde Du Toit Dinsdag aan Maroela Media gesê. Oelofse en Du Toit is dadelik na die kinders se kamers.
Die vier het in ʼn gangetjie geskuil terwyl skote al om die huis afgegaan en altesaam 19 vensters stukkend geskiet is. Oelofse kon in die harwar daarin slaag om sy pistool en selfoon in die hande te kry. Hy het in die rigting van die aanvallers geskiet van waar hulle van alle kante om die huis toegeslaan het. Die paartjie het ʼn vriend, Marius Botha, gebel en hulp ontbied. Botha het op sy beurt die polisie en buurtwag ontbied.
“Hulle het van buite af geskree hulle gaan ons almal doodmaak. Johan het vir hulle geskreeu dat hulle nie sal inkom nie. Hy het sy alles gegee om hulle buite te probeer hou en amper al sy patrone gevuur toe hy in die kop getref is.” Du Toit verduidelik sy en die kinders het net plat op die gang se vloer bly lê en dat daar vir ʼn lang ruk stilte was voor hulp opgedaag het. Die verdagtes het gevlug sonder om enigiets te buit. 

“Binnekort was almal daar, maar dit was te laat vir Johan. Hy was op slag dood,” het sy huilend gesê. Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Die polisie en buurtwag het die verdagtes se spore gevolg en van hulle waargeneem waar hulle onder ʼn klein bruggie geskuil het,” het Otto gesê. “Die verdagtes het op die polisie geskiet. Die polisie het teruggeskiet.” Een verdagte is óf deur die polisie óf deur Oelofse gewond. Hy is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Nog ʼn verdagte is daarna in hegtenis geneem. Volgens Otto is die res van die verdagtes steeds soek en ondersoek die polisie ʼn saak van moord. “Johan is ons held. Hy het sy lewe opgeoffer om die groep uit die huis te hou. Hy was ʼn sagte mens wat altyd daar was as ʼn mens hom nodig gehad het. Hy het sy alles vir my en my kinders gegee,” het Du Toit gesê. As Oelofse nie gewerk het nie, het hy takies om die huis verrig en was ook mal daaroor om te skilder. Hy laat Du Toit en haar kinders, ʼn broer, twee susters en ʼn dogter agter. Oelofse se verassingsdiens vind Saterdag om 10:00 by die Agape-gemeente op Louis Trichardt plaas. Du Toit en haar kinders woon tans by familie in die dorp en ontvang berading. Sy het gesê sy gaan nie teruggaan na die kleinhoewe toe nie. Dit is nie die eerste geliefde wat Du Toit weens ʼn aanval op ʼn plaas of kleinhoewe moes afstaan nie. Haar pa, Ben Keyter, is 11 jaar gelede in die ouderdom van 78 op sy plaas naby Alldays in Limpopo vermoor nadat vier verdagtes daar toegeslaan het. Die verdagtes het tydens hul plundertog Du Toit se ma, Daleen, in ʼn boksvrieskas probeer inboender, maar die vrieskas op haar omgekeer nadat sy haar teen hulle verset het. Sy het intussen ʼn beroerte gehad en word in ʼn ouetehuis op Louis Trichardt versorg
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/man-boet-met-lewe-om-geliefdes-tydens-oorlog-op-kleinhoewe-te-beskerm/

#StopWhiteGenocideInSA