(Jwplayer)

October 19, 2015

#FarmMurder: Update: Afrikaner, Marius Els (47) shot dead by black attackers on a smallholding in Pretoria North

‘Die gaatjie in sy bors was so klein . . .’

Liza Els (40) en haar dogter, Angelique (17), bly mekaar vertroostend vashou terwyl hulle Donderdagnag herleef toe Liza se voormalige man en Angelique se pa, Marius, in hul Bon Accord-huis vermoor is. 



Marius Els

Els se 17-jarige dogter, Angelique, en haar ma, Liza, het styf teen mekaar gesit, hul arms ineengevleg, toe hulle onthou hoe sy lyk in die polisielykwa ingeskuif is

Hulle het vertel hoe Angelique haar hand onder Marius se rug ingesteek het om sy rug te vryf.
“Ek wou hom vertel hy gaan orraait wees. Die gaatjie voor in sy bors was so klein, met net ’n bietjie bloed.”
Maar toe Angelique haar hand uittrek, was dit vol bloed.
“Die koeël het in haar hand gelê,” sê Liza.
Sy en Marius was 13 jaar lank getroud.
Hoewel hulle sewe jaar gelede geskei is, was die platoniese verhouding tussen hulle so goed dat hulle ’n huis op ’n hoewe in Bon Accord gedeel het.
“Marius was my steunpilaar, my ‘boetie’. Ons is op goeie voet uiteen en het die kinders eerste gestel,” sê Liza.
Dit was so by middernag Donderdag toe drie mans die huis ingekom het.
Die huis se ingangsdeur is naby Marius se kamer.
Liza het wakker geword van iemand wat teen haar bed stamp. Daar het ’n vreemde man gestaan.
“This is not happening!” het sy gedink.
Liza het geskreeu om vir Marius en Angelique te waarsku.
“Of altans, ek het gedink ek skreeu. Maar my keel het toegeknyp en niks het uitgekom nie.”
Met die tweede probeerslag kon sy uitkry: “Marius, hier’s iemand in die huis!”
Nog twee mans het haar kamer ingekom.
Een het ’n wapen gehad.
Dié twee was vermoedelik eers by Angelique se kamer in. Sy het gemaak of sy slaap totdat hulle na haar ma se kamer gegaan het.
“Ek het my ma hoor skreeu. Ek is uit die bed uit met die vinnigste spoed nóg.”
Sy het trompop in die drie mans vasgeloop toe hulle uit haar ma se kamer storm.
Angelique het gekoes en die rowers het na die deur beweeg.
Toe klap ’n skoot in die donker huis.
“Daarna het skote buite die huis gevlieg. Ek weet die rowers het op mense wat wou kom help, losgetrek,” sê Liza.
Terwyl ma en dogter in die huis geskuil het, het Liza gevra: “Waar is jou pa?” en die lig aangeskakel.
Marius het skeef oor sy bed gelê. Sy oë was oop en hy het sy bril opgehad.
“Daar was net ’n bietjie bloed op sy bors. Ek het hom gevra hoekom lê hy so.
“Angelique het sy rug gevryf toe sy die koeël en bloed raak vat.”
Liza het hulp gaan soek, maar sy was skaars weg toe Angelique hoor hoe haar pa sy laaste asem uitblaas.
Ma en dogter vermoed Marius het sy bril van die bedkassie gegryp en wou opstaan toe hy die rumoer hoor, maar toe skiet die rowers hom.
“Hoekom was dit nodig? Hulle het die TV, ons fone, die skootrekenaar, my pepersproei gehad. Hulle was by die deur op pad uit,” vra Liza.
Marius sou enigiets vir sy gesin doen, sê sy.
“Dié slag het hy nie eens kans gekry nie.”

Vermeende rowers vas ná jaagtog

Mlandu Mnguni is Donderdagaand omstreeks 21:30 voor sy vrou en kinders vermoor. Die rowers het hom deur die kombuisdeur geskiet.
Hy was hoof van die Matimba ­Middle School in KwaMhlanga en voorsitter van die beheerliggaam van die Alma-skool in Pretoria vir kinders met spesiale fisieke en verstandelike behoeftes.
Vrydagaand het die polisie inligting ontvang van nog ’n beplande aanval met dieselfde modus operandi as in die vlaag van moorde en rooftogte wat die noorde van Pretoria teister.
Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder, sê die polisie het die drie verdagtes op die R101, die ou Warmbad-pad, voorgelê.
In ’n jaagtog het die drie ’n ongeluk gemaak en een is beseer.
Hy was teen Sondag reeds uit die hospitaal ontslaan en sal Maandag saam met die ander twee in die hof verskyn.
“Die polisie het drie wapens, verskeie hekafstandbeheerders, TV-stelle, verskeie selfone en klapmusse gekry. Dié verdagtes word verbind met ’n huisrooftog waarin ’n man Donder­dagnag verskeie kere deur ’n kombuisdeur doodgeskiet is.
“Van die gesteelde goedere wat teruggevind is, verbind hulle ook met ’n sakerooftog in Akasia, sowel as ander huisrooftogte op verskeie hoewes in die Pretoria-Noord-gebied.” 
http://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/2015-10-19-die-gaatjie-in-sy-bors-was-so-klein

ALSO READ:

MURDER
#StopWhiteGenocideInSA