(Jwplayer)

October 25, 2015

#HospitalGenocide: "Where's My Legs?"... Nelspruit farmer goes to government hospital for vein bypass surgery, wakes up with no legs




Hy word wakker en vra: ‘Waar is my bene?’


“Waar is my bene?” wou Johnny McGeechan (50) by ’n suster in die waakeenheid van die Steve ­Biko-hospitaal in Pretoria weet nadat hy ná ’n noodoperasie wakker geword het.
McGeechan boer met spinasie en kropslaai op die plaas Crom­dale buite Nelspruit. Die boerdery verskaf slaai aan kettingwinkels.
Sedert die operasie in Januarie 2014 is hy in ’n rolstoel gekluister, en heeltemal afhanklik van sy vrou, Xynine (56).
Hy sê die dokters het nooit voor die aaromleidingsoperasie aan hom verduidelik dat hy albei sy bene kon verloor nie.
“Ek weet nie waar om te begin om te sê hoe ingrypend dit my lewe verander het nie. Ek het my bakkie weggegee, want ek kan niks met hom doen nie,” sê hy.
McGeechan eis R3,3 miljoen van die LUR vir gesondheid in Gauteng in die hooggeregshof in Pretoria. Hy sê die staat se gesondheidsorgstelsel het hom in die steek gelaat.
Die drama het begin toe hy met ’n pyn in sy bene in die ­Steve Biko-hospitaal opgeneem is. Ná ’n paar dae se vertragings is skanderings gedoen en dokters het gevind hy het erge trombose in sy bene.
Hy is teater toe vir die nood-­aar­omleiding, maar het sonder sy bene wakker geword. Eers daarna, terwyl hy in die waakeenheid was, is hy gevra om ’n toestemmingsvorm vir die amputasie van sy bene te onderteken.
“Ná die operasie moes my vrou ophou werk sodat sy die boerdery kan behartig. Ek kan nie meer die voorraadaankope of aflewerings hanteer nie. Ek het nie woorde om te beskryf hoe ek voel nie,” sê hy.
Die pa van twee meen dit sou nie nodig gewees het om sy bene te amputeer as hy betyds vir die skandering geneem is nie. As die dokters die blokkasie vroeër ontdek het, sou hy dadelik die regte behandeling gekry het, sê hy.
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-10-25-hy-word-wakker-en-vra-waar-is-my-bene

#StopWhiteGenocideInSA