(Jwplayer)

October 14, 2015

#FarmMurder: Afrikaner, Danie du Plessis (64) was shot 3 times & brutally assaulted with a sharp object. Son found his body covered in blood at home


Danie du Plessis (64) is verlede Sondag in sy huis op ‘n Kleinhoewe buite Vereeniging deur BARBARE vermoor. Hy is erg aangerand en 3 keer geskiet.
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=930533683682233&id=625786784156926&ref=bookmarks


'n Man van Vereeniging is oor die naweek vermoor. Danie du Plessis (64) se seun Chester het Maandag op sy pa sy bebloede liggaam afgekom.

ʼn Man van Vereeniging in Gauteng se erg verminkte liggaam is Maandagoggend deur sy seun in ʼn plas bloed in sy huis gevind. Danie du Plessis (64) is drie  keer geskiet en erg aangerand met ʼn onbekende voorwerp. Chester (34),  Danie se seun, het aan Maroela Media vertel dat hy onraad vermoed het nadat hy nie Sondag sy pa in die hande kon kry nie. “Ons het Vrydag nog gesels en Sondagoggend het ek hom op albei  sy  selfone  gebel,  maar hy het nie geantwoord nie,” het hy gesê. “Ek  het sy verloofde, wat in Sasolburg bly, gebel en haar wanneer laas sy van hom gehoor het. Sy het  gesê sy het Saterdagaand 22:00 laas met hom gepraat. Toe ek hom teen Maandagoggend steeds  nie  in  die hande kon kry nie, het ek begin bekommerd raak.” Chester het na sy pa se huis toe gery en dadelik vermoed iets is verkeerd. Sy pa se motor het skuins  in  die  oprit  gestaan  met die sleutel in die aansitter.  “Dit  was klaar  vreemd, want my pa was ʼn perfeksionis  en  sou  nooit sy motor net so in die oprit laat staan nie. Hy het dit altyd in die motorhuis getrek.” Hy het om die huis gestap, waar hy ʼn tang en ʼn beitel op die grond sien lê het, wat hom laat vermoed het dat iemand by die huis wou inbreek. Hy het die agterdeur oopgestoot, maar die veiligheidshek  was  nog gesluit. “Ek  het my pa op die grond sien lê deur die veiligheidshek. Hy het op sy gesig gelê met sy arms uitgestrek.  Daar  was ongelooflik  baie  bloed.”  Chester  het om die huis gehardloop na die voordeur toe  en die deur en veiligheidshek oop gevind. “Ek het eers deur die huis gehardloop om te kyk of

die  aanvallers  nog  in  die  huis is,  voordat  ek by my pa gebuk het. Toe ek by hom kom, kon ek duidelik  die  doodsreuk ruik.  Ek het aan hom geraak en hy was yskoud en styf,” het hy emosioneel gesê. Hy het gesê sy pa het ʼn koeëlwond aan die linkerkant van sy bolyf gehad en sy gesig was vermink. Volgens Chester was daar geen tekens van inbraak nie en slegs sy pa se skootrekenaar en selfone is  uit  die  huis  gesteel.  “Die  mense  wat hier was, het nie gekom om te steel nie. Hulle het gekom om hom te vermoor.” Chester het gesê sy pa het ʼn week vantevore ʼn onderonsie met sy tuinier gehad nadat hy hom van diefstal  beskuldig  het.  Die  tuinier  het  daarna  ʼn  saak  van aanranding teen Danie aanhangig gemaak, terwyl  Danie ʼn saak van diefstal teen die tuinier aanhangig gemaak het. Beide is op borgtog vrygelaat,  het  Chester  gesê. “Ek  wil nie nou bespiegel oor wie my pa se moordenaar is nie. Ek is baie tevrede dat die ondersoekspan wel die moordenaar sal vastrek. Ek weet my pa sou nie wou hê ons moet wraak neem nie,” het hy gesê. “Hy was ʼn man van God, ʼn nederige man wat veral die laaste paar jaar ʼn sagtheid in hom gekry het vandat hy sy lewe vir die Here gegee het. Hy was ʼn man van beginsel. Hy het altyd eerste aan sy geliefdes  gedink  en  nooit eerste  aan homself gedink nie. Dit het die Here 64 jaar geneem om ʼn diamant te vorm wat waardig is om hemel toe te gaan.” Maroela Media wag vir kommentaar van die polisie.

http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/seun-kom-af-op-gru-toneel-in-pa-se-huis/

#FarmMurder