(Jwplayer)

October 18, 2015

#MURDER: Afrikaner woman, Lindie Bosch Jansen (35) stabbed to death after a black attacker attacked her at her vehicle at a school function in Warmbaths

VROU STERF NÁ AANVAL MET MES

‘Mamma bloei,’ sê onderwyseres se seun

■ Seuns (10) en (7) erg getraumatiseer 

■ Swart aanvaller skuil by motors naby partytjie


’n Laerskoolonderwyseres is ná ’n verjaardagpartytjie voor haar twee seuntjies met ’n mes in die bors gesteek en is kort daarna dood.
Lindie Bosch-Jansen (35), wat sedert Julie ’n onderwyseres aan die Jinnah Park Primary School in Bela-Bela was, het baie bloed verloor, sê Howard Holtzhausen, haar vriend van die afgelope agt maande.
Lindie en haar twee seuns, Jay-Bee (10) en Juvan (7) het Saterdagaand Holtzhausen se pa, ook Howard, se 60ste verjaardagpartytjie in die lapa op die terrein van die Laerskool Warmbad bygewoon.
Holtzhausen sê kort ná middernag het hulle begin opruim en Lindie het goed na haar Ford Figo gedra.
Die man met die mes het glo by die motors, nie ver van die lapa af nie, geskuil en wou Lindie beroof. Jay-Bee en Juvan was by die motor.
“Ek was in die lapa en het haar hoor gil. Ek het dadelik uitgehardloop en sy het net gesê sy is gesteek,” het Holtzhausen gesê.
Hy het vir Lindie gevra in watter rigting die aanvaller gehardloop het en sy kon die rigting waarin hy verdwyn het wys.
Holtzhausen en ’n vriend het oor die skool se rugbyveld agter die man aangehardloop.
Holtzhausen het egter teruggedraai na die swaar gewonde Lindie.
Haar motorsleutels was nêrens te vinde nie en hy het haar met ’n ander motor na die St.Vincent’s- private hospitaal langs die skool gejaag.
Sy is Sondag in die vroeë oggendure dood.
Jay-Bee en Juvan is erg getraumatiseer.
Een van hulle het gesê: “Ek het mamma se bloed gesien.”
Hul pa is op pad terug van ’n oorsese reis.
Die seuns, wat leerlinge aan die Laerskool Warmbad is, woon intussen by familielede.
Die Bela-Bela Crime Support (BBCS)-groep en die polisie het die man in hegtenis geneem.
Die polisie het bevestig dat hy in polisie-aanhouding is.
Hy sal eersdaags in die Bela-Bela-landdroshof op onder meer aanklag van moord verskyn.
Die BBCS-groep het op sy Facebook-groep geskryf “ ’n pragvrou is uit die gemeenskap geruk weens misdaad”.
Holtzhausen het op Facebook geskryf: “My liefie, ons gaan jou baie, baie mis. Dankie dat die liewe Vader jou vir ons vir ’n tydjie geleen het. Jy was my alles. Ek sal jou altyd lief hê. Tot ek jou weer sien.”
Hy sê almal wat Lindie geken het, is geruk deur die moord.
“Dit is baie swaar vir ons almal om te aanvaar dat sy nie meer deel van ons lewe is nie.”
Lindie se ma, Anne O’Neill Hoffman, het op haar Facebook-blad geskryf: “Nooit weer gaan ek ‘mamma’ uit jou mond hoor nie!!! Nooit weer gaan ek vir jou kan raad vra nie, nooit weer jou stem hoor nie.”
http://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/2015-10-19-mamma-bloeis-onderwyseres-seseun?vc=drupSF%2BSXOyk%2BPn1jcjjtgaaoQTx4W9RaDJtI5YjDUgRUaeT5fVWhQw%2F501cX8tn2FMIxnPCn57qPhdwC0Vrhg%3D%3D


Lindie Bosch-Jansen (35) is gisteraand deur 'n BARBAAR met 'n mes doodgesteek in Warmbad toe sy in haar motor wou klim na 'n skoolfunksie.
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=930533683682233&id=625786784156926&ref=bookmarks

ʼn Verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn in verband met die moord op Lindie Bosch-Jansen (35), ʼn juffrou van Jinnah Park Primary School in Bela Bela, Limpopo. “Die  slagoffer  was  die aand by ʼn funksie by die skool en het omstreeks 00:00 saam met haar kinders teruggekeer na haar motor,”  het kol.  Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, Sondag aan Maroela Media gesê. “ʼn Verdagte het uit die bos gestorm gekom en haar in haar sy gesteek.” Volgens Otto is daar lemmetjiesdraad om die skool opgerig. Die verdagte het hierdeur ontsnap. Die polisie  het  later  gesteelde  goedere  en haar handsak gevind. “Die  verdagte het, terwyl hy probeer vlug het, omstreeks 01:00 op die dak van die huis van ʼn polisiebeampte,  ʼn  adjudant-offisier,  beland.  Die  polisiebeampte  het  sy  kollegas  ontbied  en  die  man is  in  hegtenis  geneem,” het Otto bygevoeg. Die verdagte is vermoedelik in sy laat 20’s of vroeë 30’s. “Jansen  is  met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.” Howard Holtzhausen, Jansen se vriend, het op Facebook geskryf: “My liefie. Ons gaan jou baie baie  mis.  Dankie dat die liewe Vader jou vir ons vir so ʼn klein tydjie geleen het. Jy was my alles. Ek sal  jou  altyd  liefhê.  Tot  ek  jou  weer sien. Love you lots.” Simpatie  stroom in op sosiale media. ʼn Facebook-gebruiker het op Laerskool Vaalwater, waar Jansen vroeër skoolgehou het, se blad geskryf: “Sy’t verseker diep spore getrap in die kinders se hartjies  en  die  ouers  sʼn in die tyd wat sy hier skool gegee het. Juffrou Lindie, jy sal verseker gemis word.” Die ondersoek duur voort.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/bela-bela-juffrou-sterf-na-mesaanval/

MURDER