(Jwplayer)

October 23, 2015

Police settle after assault: Police must pay 50% of damages to Afrikaner man, Pierre Van der Watt (44), after unlawful arrest, detention & assault





Polisie skik ná aanranding

Polisie betaal 50% van skade vir Pierre Van der Watt (44) se onregmatige arrestasie, aanhouding en aanranding


’n Sakeman van Hartbeespoort wat verskeie tande kwyt is nadat die polisie hom in sy huis aangerand het, het ’n skikkingsooreenkoms met die polisie bereik.
Pierre van der Watt (44) van die Xanadu-ekopark se neusbeen is ook gebreek, die beenplaat in sy mond is beskadig en sy oë is gekneus.
’n Groep van “minstens sewe” polisielede het op 3 Februarie 2012 by Van der Watt se huis opgedaag weens beweerde huis­moles.
Hy het snywonde aan die gesig en kop opgedoen, kneus- en skaafwonde aan die lyf en harsingskudding. Spiere in sy linkerarm en -skouer is ook beseer.
Hy beweer hy het skade van R1,6 miljoen gely weens die beserings aan sy beendere, spiere, ligamente en senings, wat sy gehalte en genieting van die lewe verlaag het.
Van der Watt het in Maart 2013 ’n eis in die Noord-Gautengse hooggeregshof teen die minister van polisie ingestel.
R1,6 m.
is die skade wat Van der Watt na bewering  gely het weens die beserings wat sy gehalte en genieting van die lewe verlaag het.
Kragtens die skikking aanvaar die polisie aanspreeklikheid vir 50% van die skade wat gespruit het uit Van der Watt se onregmatige arrestasie, aanhouding en aanranding.
Die ooreenkoms is ’n bevel van die Noord-Gautengse hooggeregshof gemaak.
Van der Watt se prokureur, Greyling Erasmus van die regsfirma Gildenhuys Malatji Ingelyf in Pretoria, sê die polisie het ingestem tot 50% aanspreeklikheid omdat Van der Watt hulle op die toneel glo uitgelok het om geweld teen hom te gebruik. “Die aanranding het toe daaruit voortgevloei.”
Erasmus sê Van der Watt moet nog die omvang van die skade bewys.
Die hof het die minister vandeesweek beveel om ook die regskoste van Van der Watt se geding te betaal. As die polisie dit nie binne 30 dae doen nie, sal rente teen 9% per jaar daarop gehef word, lui die hofbevel.
Van der Watt is ná sy arrestasie in die Brits-polisieselle aangehou en daardie naweek na die Brits MediClinic geneem vir behandeling. Daar was hy onder polisiebewaking.
Hy is toe na die polisieselle teruggeneem en later na die Brits-landdroshof.
Op 6 Februarie 2012 is hy vrygelaat en die klagte teen hom is laat vaar.
Vir sy arrestasie en aanhouding, waardeur hy van sy vryheid beroof is en hy angs, vernedering en ongemak ervaar het, eis hy skadevergoeding van R500 000, lui sy eisbesonderhede.
Hy eis R2,1 miljoen van die minister.
http://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/2015-10-23-polisie-skik-n-aanranding


Polisie Skik na Aanranding Klag
HARTBEESPOORT - Pierre van der Watt (44), 'n Sakeman van Hartbeespoort in Wes-Transvaal wat verskeie tande kwyt is nadat die polisie hom in sy huis aangerand het, het ’n skikkingsooreenkoms met die polisie bereik.
http://bmarksa.org/nuus/polisie-skik-na-aanranding-klag/


Also read:

■ ATTACK: Seriously Injured: #Afrikaner men attacked & shot by black police officers

■ Court trial: update - Klapmuts #Afrikaner cop was executed by 5 blacks, one of the accused a black police officer

■ #ATTACK: Innocent young Afrikaner man, Jaco Hanekom (19) illegally arrested & brutally assaulted with a shovel and bolt cutter by 3 SA police officers

■ ANOTHER #MURDER ?... SA Police tells different stories about Afrikaner man, Jacques van Staden mysterious death

■ Police criminality: video 2 white men sexually, racially attacked by ...
www.censorbugbear.org › reports › view
Aug 26, 2015 - »FARMITRACKER ... Update: The two black Douglasdale police officers who were shown in video ...

■ video of police violence: young white mom manhandled by four ...
https://www.censorbugbear.org › view
Oct 2, 2015 - »FARMITRACKER ... video of police violence: young white mom manhandled by four burly black cops, ...

■ Police violence: Afrikaner mother and daughter Jeanette Preis and ...
https://www.censorbugbear.org › view
Aug 5, 2015 - »FARMITRACKER · Login ... White Women involved in metro police brutality speak out: Kempton ...

■ Police violence, terror against innocent civilians soaring: IPID ...
www.censorbugbear.org › reports › view
Jul 5, 2013 - »FARMITRACKER ... Police violenceagainst innocent civilians soaring in SA with 5,000 new cases in ...