(Jwplayer)

November 28, 2015

29 FARM ATTACKS in 30 days!!! #FarmAttack #FarmMurder

 One farm attack per day and two farm murders a week ...

29 plaasaanvalle in 30 dae

27 November 2015 11:47

Volgens TLU SA was daar die afgelope 30 dae 29 plaasaanvalle en sewe plaasmoorde in Suid-Afrika.

Dit kom neer op ongeveer een aanval per dag en sowat twee moorde per week.

Maar Kobus Breytenbach, voorsitter van Agri SA se Landelik Veiligheidskomitee, sê:

“So what? Statistieke het nie baie waarde nie. Dit kan niemand terugbring of iets voorkom nie. Wat boere wel moet doen, is om voorkomend en pro-aktief op te tree.”

Johan Burger, senior navorser aan die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), sê dit lyk asof plaasaanvalle wel toegeneem het die laaste 30 dae.

“Plaasaanvalle val onder gewapende roof en dít het in die laaste drie jaar met 28% toegeneem.”

In vergelyking met November verlede jaar se syfers van TLU SA het plaasaanvalle tot November vanjaar van 30 tot 18 verminder, maar plaasmoorde het van drie tot vyf gestyg.

“Die toename dié tyd van die jaar kan dalk wees omdat die feesseisoen nou nader kom. Mense is in ’n gemoedelike luim en misdadigers sien ’n gaping om toe te slaan,” sê Breytenbach.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê die plaasaanvalle is nie meer so hoog soos wat dit in die laat 1990’s was nie.

“Wat ons wel opgelet het, is dat die brutaliteit van dié moorde baie toegeneem het.”

Breytenbach sê dit is belangrik om steeds paraat te wees in die feestyd. Pro-aktiewe optrede is van uiterste belang.

“Ons moet onsself afvra: Wat moet ons doen om nie ’n slagoffer te wees nie?

“Wat moet jy doen om nie ’n spoedkaartjie op die pad te kry nie? Jy moet stadiger ry.

“Net so moet jy weet wat om te doen om nie aangeval te word nie.”

Kommunikasie is die belangrikste aspek waaraan boere moet aandag gee.

“Wees gedurig in kontak met die gemeenskap. Nie net omliggende boere en die polisie nie, maar met die hele gemeenskap.

“Skakel ook by ’n bestaande stelsel in soos ’n plaaswag wat gereeld patrollie ry.”

Hy sê sigbaarheid is een van die beste afweermiddels. “Só kan vreemdelinge geïdentifiseer word en kan aanvallers sien dat daar mense is wat dinge dophou.”

Vrystaat Landbou se veiligheidswenke vir landbouers oor die feestyd:

Tel jou vee gereeld.
Parkeer voertuie in die motorhuis/stoor, sluit dit en hou die sleutels op ’n veilige plek.
Hou selfone gelaai ingeval landlyne afgesny word.
Hou noodnommers byderhand.
Ken jou werkers en hou afskrifte van hul ID’s op lêer.
Aktiveer alarmstelsels saans en maak seker deure is gesluit.
Maak seker almal in die huis (insluitende gaste) weet wat om te doen in geval van ’n noodsituasie.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/29-aanvalle-in-30-dae-veiligheidswenke-vir-boere-20151127

#StopWhiteGenocideInSA