(Jwplayer)

November 23, 2015

#ATTACK: Afrikaner TV Presenter & Singer, Pieter Koen was robbed at a hotel in Rustenburg



Pieter Koen, die Afrikaanse sanger en aanbieder van kykNET se gewilde musiekprogram Jukebox, is Vrydagoggend beroof by ʼn hotel in Rustenburg.


Pieter  Koen, die Afrikaanse sanger en aanbieder van kykNET se gewilde  musiekprogram Jukebox, is Vrydagoggend beroof by ʼn hotel  in  Rustenburg. Koen het aan Maroela Media gesê sy sleepwa met al sy klank- en beligtingtoerusting  in  is  in  die  vroeë  oggendure  van  sy motor ontkoppel en gesteel. Hy het sy motor die vorige aand buite die restaurant  waar hy opgetree het geparkeer, waar ʼn motor ook sy sleepwa gestamp het.

Die hotel se kringtelevisiekameras  het  nie  die  voorval op video vasgelê nie en volgens die veiligheidspersoneel  by  die  hotel  het  hulle  tydens  ʼn  patrollie  geen  verdagtes  op die perseel waargeneem nie. Koen het inligting  oor die voorval op Facebook gedeel saam met foto’s van die toerusting wat gesteel  is.  Dit  sluit  onder  meer  in  mikrofone, ligte  en  ʼn  klankmengbord. Volgens Koen is die toerusting  wat gesteel  is  minstens R40 000 werd. 

Verskeie  mense het kommentaar gelewer en onderneem om op die uitkyk te wees vir die gesteelde  klanktoerusting.  “Die  Facebook-plasing (https://www.facebook.com/skudjoubiscuit/posts/10154376279794237) ek het gevoel dit was nodig om te deel wat op my hart was,” het hy gesê. was vir my terapeuties, Volgens hom is hy al deur verskeie tweedehandse winkels gekontak om besonderhede te neem van die toerusting  indien  die  verdagtes dit aan hulle probeer verkoop. “Ek  troos my daaraan dat dinge ook altyd terugkom na jou toe soos jy dit uitdeel. Vriende, wees altyd  bedag waar julle ook al mag wees en moet asseblief nie deel word van die statistieke soos ek en soveel ander voor my nie,” het hy op Facebook geskryf.

Koen sê dat hy nie vingers kan wys nie, maar meer bewus gaan wees van sy omgewing en die nodige voorsorgmaatreëls wat getref moet word wanneer hy toer. “Die voorval het my geleer om meer versigtig  te  wees met wie ek praat en om veral meer bedag te wees wanneer ek op die pad is met toerusting.” ʼn Rustenburgse speurder ondersoek tans die diefstal.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/pieter-koen-beroof-in-rustenburg/

#StopWhiteGenocideInSA