(Jwplayer)

November 19, 2015

#ATTACK: AK47-Armed black attackers open fire on white farmers after man was attacked & hijacked

Schweizer-Reneke farmers help to catch 6 Black attackers 


Etlike boere in die Schweizer-Reneke-gebied in Noordwes het Woensdag saamgestaan en die lewe vir ses verdagtes bitter moeilik gemaak en dit alles te danke aan ʼn WhatsApp-groep wat ʼn 20-jarige boer twee jaar gelede begin het.

Jacques Jordaan, stigter en administrateur van die WhatsApp-groep Boerehulp, het die groep aanvanklik gestig om ses van sy direkte bure te verbind en sodoende mekaar oor veldbrande en plaasaanvalle te kan waarsku. Die groep het egter so doeltreffend en gewild geraak dat inligting daarop tans sowat 400 mense in die streek bereik. Die groep word ook met soortgelyke groepe verbind en die lede bestaan hoofsaaklik uit boere en belangrike rolspelers soos die lede van veiligheidsdienste en die polisie.

Jordaan het Donderdag aan Maroela Media gesê die hele gebied se boere is omstreeks 16:00 gemobiliseer nadat die kollegas van ʼn man wat by ʼn diamantonderneming werk, alarm gemaak het dat die man pas gekaap en van diamante beroof is. Hy is glo deur ses verdagtes van sy werkplek af agtervolg. ʼn Wit Audi het sy bakkie van die pad af gedruk en ʼn ongeluk veroorsaak. ʼn Wit Isuzu-bakkie het die aanvallers se motor gevolg en die verdagtes het saam in die bakkie gevlug. “ʼn Beskrywing van die verdagtes se bakkie is op die groep gedeel, asook die rigting waarin die verdagtes gevlug het,” het Jordaan gesê. Die boere het vinnig daarop reageer en paaie na Migdol en Glaudina met hul voertuie versper en na die twee voertuie begin soek. Die verdagtes het vir sowat ʼn uur en half in die gebied rondgery op soek na ontsnappingsroetes maar het hulle keer op keer teen boere vasgeloop. “

Ten minste twee voorvalle is aangemeld waar die verdagtes op boere geskiet het in hul poging om weg te kom. 

Toe hulle besef dinge raak te warm vir hulle, het hulle besluit om te voet in ʼn mielieland in te vlug. Hulle was swaar gewapen en het onder meer van ʼn lang afstand met ʼn AK47’s op boere losgebrand, terwyl die boere die strop nouer om die verdagtes getrek het.” Die ses verdagtes is kort daarna deur die polisie in hegtenis geneem. Een van hulle is tydens die voorval gewond. Benewens die man wat gekaap is, is niemand anders ernstig beseer nie. Die slagoffer is na ʼn hospitaal geneem en is na wat verneem word reeds ontslaan. Kapt. Paul Ramoloko, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. 

“Die ses verdagtes is almal onder swaar polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem omdat hulle beserings opgedoen het in die ongeluk wat hulle veroorsaak het,” het Ramoloko gesê. Sodra hulle uit die hospitaal ontslaan word, sal die mans sal in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn op aanklagte van roof, poging tot moord, kaping en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Ramoloko het gesê die polisie het op drie vuurwapens, waaronder twee AK47’s, beslag gelê. Hy het gesê tien bokse met onder meer ongeslypte diamante ter waarde van miljoene rande is teruggekry
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/fotos-whatsapp-groep-help-boere-om-groep-boewe-aan-te-keer/

#StopWhiteGenocideInSA