(Jwplayer)

November 4, 2015

#ATTACK: black attacker came 2nd after he tried to stabbed a Afrikaner man with a black belt in Shotokan Karate in his home


Een van die wonde wat mnr. Pretorius 
opgedoen het se steke is reeds uitgehaal.

Die inbreker het vemoedelik toegang tot die agterkant van die huis gekry deur dié hek se slot af te breek.
Die inbreker het vemoedelik toegang tot die agterkant van die huis gekry deur dié hek se slot af te breek.

Swartbelt in karate sit inbreker ore aan


TRICHARDT – Die honde se geblaf het mnr. Jaco Pretorius wakker gemaak en daartoe gelei dat hy ‘n inbreker op heterdaad betrap het.

Die voorval het op Saterdag, 17 Oktober omstreeks middernag gebeur.

Mnr. Pretorius het hom na die televisiekamer gehaas en ‘n inbreker betrap wat reeds met die televisie in die hand gestaan het.

Die inbreker het uitgehardloop nadat mnr. Pretorius op hom geskreeu het, waarop mnr. Pretorius hom agterna gesit het.

Die booswig het die televisie buite neergesit, omgedraai en mnr. Pretorius dadelik met die vuis begin aanval.

Deur terug te slaan en te skop, het mnr. Pretorius homself verdedig.

Die inbreker het teruggesteier, ’n wapen uit sy sak gepluk en mnr. Pretorius daarmee aangeval.

Hy het dadelik die inbreker se hande vasgegryp en nadat hy agtergekom het dat dit ’n mes is, het mnr. Pretorius die inbreker se hemp en baadjie oor sy kop getrek.

Die inbreker het probeer weghardloop, maar mnr. Pretorius het hom gegryp waarna die twee op die grond in ‘n stoeiery betrokke geraak het.

Nadat hy die man op die grond vasgepen het, het die inbreker gesê hy gee op en kan nie meer baklei nie, waarna mnr. Pretorius hom steeds vasgehou het.

Die inbreker het vermoedelik toegang tot die erf gekry deur die slot van die hek wat na die agterkant van die erf lei, oop te breek.

Omdat mnr. Jaco Pretorius ’n swartbelt in Shotokan karate het, het hy geweet dat hy met sy kennis ’n voorsprong gehad het.

Lede van Trichardt se Gemeenskaps Polisiëringsforum sowel as die polisie was gou op die toneel.

Nadat die polisie die inbreker in hegtenis geneem het, het mnr. Pretorius gesien dat hy gewond is.

Hy is vermoedelik met die stoeiery raakgesny en moes steke kry. http://ridgetimes.co.za/46195/inbreker-kom-tweede/



#StopWhiteGenocideInSA