(Jwplayer)

November 11, 2015

ATTACK ON FARMERS LIVESTOCK: Four stud ewes were stolen by black thieves and slaughtered 800m from a Afrikaner farmer's Spioenkop farm

SCATTERED LAMBS JUST STOOD THERE, CONFUSED...

DIE OOIE SE LAMMERS HET VERWARD DAAR RONDGESTAAN... 

Stoetooie langs pad geslag
"Ons is boere. Ons is lief vir die grond. En vir ons diere. Dit is hartverskeurendom op 'n grutoneel te kom waar vier van jou stoetooie keelaf gesny en geslag is met die jong lammers wat langs hul ma's staan."

Dít was die emosionele reaksie van Luttig van Huysteen van die plaas Spioenkop in die Chrissiemeer-omgewing. Hy boer al jare lank met skape. Sondagoggend het sy werkers agtergekom vier stoetooie is weg uit die kraal. "Hulle het die spoor gekry en vir sowat 800 m tot by die teerpad gevolg.

“Hier het hulle op die bloederige gemors afgekom waar die vermeende skaapdiewe die ooie se kele afgesny en hulle toe geslag het. Die ooie se lammers het verward daar rondgestaan," het Van Huysteen gesê.

Sy werkers het ’n verdagte man langs die pad sien staan, maar voordat hulle hom kon aankeer, het ’n rooi Honda Ballade die man opgelaai en weggejaag. Hulle het die registrasienommer neergeskryf.

Ná 'n soektog het die werkers op die vier karkasse afgekom waar hulle langs die pad in sakke gelê het, gereed om opgelaai te word. Verskeie pogings om die polisie van Chrissiesmeer en Carolina in die hande te kry, was glo vrugteloos.

'n Polisiekaptein wat van die Oshoek-grensposop pad Johannesburg toe was, het in 'n stadium daar verbygery. Hy het sy hulp aangebied.

Nie eens die tientalle oproepe wat hý na kollegas by die polisiekantore gemaak het, kon glo die polisie oortuig om na die toneel uit te kom nie.

Van Huysteen het self die veediefstaleenheid in Ermelo probeer kontak, maar die offisier aan diens se foon was glo af. Hy het die hulp van ander boere ingeroep wat later die verdagte voertuig by 'n nabygeleë stat opgespoor het.

Die inligting is aan die polisie oorhandig. Agt uur nadat die misdaad ontdek is, het 'n polisiekonstabel, sonder 'n vuurwapen, by die toneel opgedaag.

"In sy onkunde het hy (die polisielid) ’n perfekte misdaadtoneel opgef*k. Daar was die karkasse (wat vir DNS-ontleding geneem moes word), die afgeslagte velle (met hul volledige brandmerke op) en 'n bebloede slagtersmes met duidelike vingerafdrukke op (waarmee die verdagte maklik geïdentifiseer sou kon word)."

Volgens Van Huysteen het die konstabel die mes met die hand opgetel en in 'n swartsak gegooi en voor in sy bakkie gesit.

Hy het aan Van Huysteen gesê om die karkasse en die velle op die laai en huis toe te vat. "Ek het die vleis en velle nou in 'n vrieskas by die huis indien die polisie dit eendag wil hê as bewysstukke.

"Die mense in die stede weet nie onder watter ondraaglike en moeilike omstandighede ons moet boer nie. Vee- en ander diefstal ruk handuit en die polisie kan, of wil, ons nie bystaan nie.

“Ek het die afgelope jaar reeds 150 skape, ter waarde van R150 000, verloor weens diefstal."

Sy diesel- en trekkerbatterye word gereeld gesteel en hy het die afgelope paar jaar nie minder nie as 100 klagtes van diefstal by die polisie op Chrissiesmeer aangemeld.

"In net een geval het die saak in die hof gedraai." Dit was toe 'n rasegte springperd ter waarde van R350 000 gesteel is waarmee sy kind aan die Suid-Afrikaanse springkompetisie deelgeneem het.

Die perd is gevind maar die hof het die saak uitgegooi weens swak ondersoekwerk deur die polisie.

Die polisie van Chrissiesmeer en Carolina het teen druktyd nie op navrae gereageer nie.

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/Stoetooie-langs-pad-geslag-20151109
#StopWhiteGenocideInSA