(Jwplayer)

November 21, 2015

#ATTACK: Survives: Afrikaner woman, Toy van Schalkwyk was attacked in her bedroom. With a gun to her head and a knife to her throat the Xhosa-black killers demanded money

Toy en Andries van Schalkwyk het gister by Buffelsdrift oor haar nagmerrie-ondervinding gepraat.
OUDTSHOORN NUUS - "Ek het 'n rewolwer teen my kop en 'n mes teen my keel gehad, maar is so dankbaar ek lewe en ek is nie beseer nie," het Toy van Schalkwyk, vrou van Andries van Schalkwyk, besturende direkteur van Buffelsdrift Game Lodge gister gesê.

Sy is om ongeveer halfeen Dinsdagoggend in hulle vakansiehuis in Boggomsbaai deur twee gewapende mans oorval en beroof. Sy was alleen in die huis.

Toy sê sy het ongeveer 20 minute nadat sy die ligte afgeskakel het skielik 'n geluid in haar kamer gehoor. "Twee mans was in my kamer. Een het my aan die keel gegryp en op die bed vasgedruk en die ander een het die lig aangesit. Dit was twee Xhosa-mans, een met 'n mes en een met 'n rewolwer en hulle het geld geëis. Ek het met my hand gewys ek kan nie praat nie, want die een het my keel toegedruk."

Sy vertel dat sy nie weet hoe sy kalm gebly het nie. Die twee rowers het eers haar handsak leeggemaak en aangedring dat sy hulle wys waar die kluis en wapens is. Nadat hulle oortuig was dat daar nie 'n kluis is nie het hulle haar steeds met die mes teen haar keel en die vuurwapen teen haar kop, gedwing om die PIN's van die bankkaarte wat in haar handsak was te gee.

Nadat hulle die nommers neergeskryf het, het hulle haar gedwing om haar ringe af te haal waarna hulle haar hande en voete met twee stukke tou, wat deur haar bagasiesak geryg was, vasgebind en in die badkamer gelaat het. Hulle het ook die sleutels van haar Hyundai ix35 en haar selfone gevat.

"Ek kon hoor hoe hulle op die onderste verdieping rondbeweeg en het gehoor toe hulle wegry. Ek het 'n rukkie gewag en deur die badkamervenster om hulp geroep, maar daar is 'n leë erf tussen ons en die bure."

Toy het skuifel-skuifel tot in die kombuis gevorder en eers probeer om die toue agter haar rug met 'n mes los te sny, maar die toue was te styf en sy was bang sy sny haar polse raak. "Toe maak ek soos McGyver, ek het 'n braaihak wat in die onderste laai was met my tone uitgekrap en toe met die handvatsel in my mond die toue om my voete met die varkstertjie aan die punt van die braaihak losgewoel. Dit het my omtrent 'n uur gevat om los te kom."

Met haar hande steeds vasgebind het sy na die bure gehardloop om hulp te soek.

"Die polisie van KwaNonqaba by Mosselbaai was ongelooflik. Hulle was binne minute op die toneel. Lede van Suiderkruis Sekuriteit was ook dadelik daar."

Haar man, Andries, wat in hul huis by Buffelsdrift Game Lodge was terwyl die roof plaasgevind het, sê hy was nog besig om met haar op die telefoon te praat toe hy 'n SMS kry wat aandui daar is R3 000 uit sy rekening onttrek. Die ro-wers het binne 'n paar minute altesaam R9 000 uit drie rekeninge getrek. Volgens Andries wou hy dadelik Boggomsbaai toe ry, maar Toy het hom verseker dat sy niks makeer nie en dat die plek wemel van polisie.

Hy sê die polisie het 'n beskrywing van Toy se motor na al die omliggende polisiestasies uitgestuur en 'n patrollievoertuig in Lawaaikamp in George het toevallig by 'n verlate Hyundai ix35 stilgehou om ondersoek in te stel toe die boodskap oor Toy se motor per radio deurkom.

"Hulle (die rowers) het die kar, met die sleutels in en sonder 'n skrapie in die straat gelos en waarskynlik met 'n ander voertuig weggery." Die motor is reeds aan Toy terugbesorg.

Die polisie vermoed dat die rowers met 'n ander voertuig tot by die Van Schalkwyks se huis gery het en met daardie voertuig en die Hyundai gevlug het. Toy sê toe die polisie haar vra of sy die vorige dag enige verdagtes in die omgewing gesien het, het sy skielik onthou van 'n bakkie wat haar die vorige middag op pad Boggomsbaai toe opgeval het.

"Die bakkie, met drie mans, het stadig voor my gery net buite Mosselbaai en ek het hulle later verbygegaan. Ek was skaars by hulle verby toe jaag hulle by my verby, maar 'n entjie verder het hulle weer stadig voor my gery. Ek het hulle toe weer verbygegaan en nie weer aan hulle gedink nie."

Sy vermoed nou dat die bakkie haar op 'n afstand gevolg het om te sien waarheen sy gaan.

"As ek iemand kan raad gee is dit om baie meer bewus te wees van wat om jou aangaan en as iets nie reg lyk nie, moet dit nie ignoreer nie."

Die rowers het 'n klein gaatjie in 'n ruit op die onderste verdieping gemaak waardeur hulle die knip met 'n draad losgehaak het. Buiten die bankkaarte, en motor het hulle ook juwele ter waarde van R20 000, 'n Telefunken-televisiestel en twee selfone, 'n Samsung en 'n Blackberry, gesteel.

Die egpaar het gister by Buffelsdrift gesê hulle is dankbaar vir die genade dat Toy niks oorgekom het nie en het weer beklemtoon dat die optrede van die polisie uitstekend was.

http://www.oudtshoorncourant.com/news/News/General/152114/Bekende-oorleef-gewapende-roof


#StopWhiteGenocideInSA