(Jwplayer)

November 30, 2015

#ATTACK: VIDEO: Afrikaner Burger family survives shooting by two black attackers at home in Lyttelton


Johan Burger (67) by die hek wat die twee boewe opgebreek het. Foto: Kristian Meijer.
Johan Burger (67) by die hek wat die twee aanvallers opgebreek het




Amper-blinde bejaarde verwilder twee swart aanvallers

Twee astrante aanvallers het hulle lelik misreken met ’n bejaarde man van Centurion wat feitlik blind is.

Johan Burger (67) het die twee man-alleen platgetrek en verwilder.

Burger (67) en sy vrou Nelda (63) is in die vroeë oggendure deur die inbrekers gesteur.

Hulle was aan die slaap in ’n woonstel op die grondverdieping van hul dogter se huis in Van Riebeecklaan in Lyttelton toe hulle omstreeks 03:00 ’n rumoer hoor.

“Ons dog dat dit dalk my dogter-hulle is wat terugkom, want hulle was nie by die huis nie. Ek het toe opgestaan en gaan seker maak dat dit wel hulle was,” sê Johan.

Burger is ’n diabeet en sy sig is erg verswak.

“Ek het toe om die huis en by die trappe na die hoofhuis opgestap. Toe ek bo kom, was die ysterhek by hul kombuis wawyd oopgebuig. Ek het onmiddellik geweet wat aangaan.”

Burger stap toe in en tel ’n piksteel van die kombuisvloer af op — vermoedelik die een wat gebruik is om die kombuishek oop te dwing.

Een van die inbrekers het hom gewaar en op hom afgestorm.

Burger, wat self sê dat hy in sulke situasies nie weghardloop nie, moker toe die boef en met een hou val die man grond toe. Hy het hande-vier-voet by die kombuisdeur uitgeglip.

’n Tweede man, ’n “jong, maer outjie” soos Burger hom beskryf, hardloop toe by die kombuis in en rig sy geweer, vermoedelik ’n .38 rewolwer, op Burger en trek die sneller.

Die koeël trek net-net verby sy been, tref ’n wasmasjien en skeur deur tot in die muur agter Burger.

“Dis in daai oomblik dat ek toe op hom afhardloop en hom grond toe stoei,” sê Burger.

Tydens die stoeiery gaan ’n tweede skoot af. Hierdie keer sny dit deur ’n klein kasdeur en skiet ’n glasbak flenters.

Dié tweede boef wurm homself vry en hardloop ook weg.


Die twee spring toe in ’n kar buite die Burgers se huis en jaag weg. 


Dit was enkele minute toe is beide Monitor Net en die Lyttelton-polisie hier by ons nadat ons buurvrou gebel het,” sê Burger.
“Baie mense praat dikwels sleg van die polisie, maar ons ervaring was net goed.”
Ná die tyd het Burger ontdek dat die boewe die huis se sekuriteiskameras met ’n lap toegegooi het.
Nelda sê alhoewel hulle ongedeerd ontsnap het, leef hulle steeds in vrees.
“Hierdie is die vyfde keer vanjaar dat daar by ons ingebreek word,” sê sy.
“Ons kom van ’n plaas af, maar nou voel dit asof ons in ’n tronk woon net om veilig te wees, maar die diefwering werk nie.”
Johan waarsku ander huiseienaars dat gewone diefwering nie baie effektief is nie.
“Mense moet besef dat dit verskriklik maklik is om tradisionele hekke oop die buig. Dit is beter om ’n ekstra ysterplaat om die rand van die hek te sweis sodat dit nie maklik is om iets in te druk en oop te buig nie.”

http://rekordcenturion.co.za/67463/amper-blinde-bejaarde-verwilder-twee-boewe/

#StopWhiteGenocideInSA