(Jwplayer)

November 16, 2015

#DOUBLE #FarmMurder: 3 Black terrorists shot & killed two people on a smallholding near Pretoria



Twee mans, wat op ʼn kleinhoewe in die Boschkop-gebied oos van Pretoria gewoon het, is Sondagaand koelbloedig deur drie swart moordenaars vermoor.
Berig deur Phillip Bruwer. Twee mans, wat op ʼn kleinhoewe in die Boschkop-gebied oos van Pretoria gewoon het, is Sondagaand koelbloedig deur drie verdagtes vermoor. Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die Boschkop-polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê drie gewapende verdagtes het omstreeks 19:45 toegang tot die kleinhoewe gekry deur ʼn gat in die heining te knip. “Die alarm het afgegaan en die eienaar van die huis, ʼn 32-jarige man, het gaan ondersoek instel terwyl sy vrou of vriendin in die huis gebly het,” het Van der Merwe gesê. ʼn Werker, wat naby die hoofhuis op die kleinhoewe gebly het, het ook die alarm gehoor en gaan ondersoek instel. “Hulle is buite deur die verdagtes oorweldig. Die werker is in sy bors geskiet en die eienaar is in die kop geskiet. Albei mans is op die toneel dood.” Die vrou het intussen hulp ontbied en die buurtwag en polisie het reageer. Die moordenaars het op die vlug geslaan sonder om enigiets te steel. “Die polisie se honde-eenheid is ontbied en het probeer om die verdagtes se spoor te kry, maar dit was onsuksesvol. Die soektog na die verdagtes het vanoggend [Maandag] hervat.” Die polisie ondersoek twee sake van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Van der Merwe het gesê dit was die eerste voorval in ʼn lang tyd in die Boschkop-gebied waar inwoners vermoor is.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/twee-sterf-in-aanval-op-pta-kleinhoewe/

#StopWhiteGenocideInSA