(Jwplayer)

November 25, 2015

#FarmMurder: Afrikaner farm woman, Irene Vermaak (66) found murdered, throat cut. NOTHING ROBBED!

The body of a 66 -year-old widow was found on Tuesday night in a pool of blood in her farmhouse between Devon and Endicott in Gauteng 



Weduwee (66) op plaas vermoor

Die liggaam van ʼn 66-jarige weduwee is Dinsdagaand in ʼn plas bloed  in haar plaashuis tussen Devon en Endicott in Gauteng gevind. Irene Vermaak, wat alleen op die plaas gewoon het sedert haar man nege jaar gelede dood is, se liggaam is vroegaand deur ʼn buurman gevind. “Dit  is in  dié  stadium  nie presies  bekend hoe laat sy vermoor is nie. Dit moes tussen 17:00 en 19:00 plaasgevind  het,”  het  ao.  Tommy Tomlinson, polisiewoordvoerder, Woensdag aan Maroela Media gesê. 

Vermaak was op ʼn gereelde grondslag met ʼn radiostelsel in verbinding met omliggende boere en daar is  onraad vermoed toe sy nie omstreeks 19:00 ingeroep het nie. “ʼn  Buurman, wat sowat ʼn kilometer van haar af woon, het gaan ondersoek instel en op haar liggaam  afgekom. Haar keel is met ʼn mes gesny,” het Tomlinson gesê. 

Tomlinson het gesê daar was geen sigbare tekens dat enigiets van waarde uit die huis gesteel is nie.  “Die  moontlikheid  word ondersoek of enige geld van haar gesteel is.” Die Devon-polisie  ondersoek ʼn saak van moord en ander sake kan later bygevoeg word soos wat die  ondersoek vorder. Dit is nog nie bekend hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie. “Die  forensiese  eenheid  is  vandag op die toneel om meer inligting in te samel,” het Tomlinson gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/weduwee-66-op-plaas-vermoor/

#StopWhiteGenocideInSA