(Jwplayer)

November 20, 2015

#FarmMurder: farmer Jan Christiaan Barnard 72, murdered, wife Carmelia injured: shot by four black gunmen

Afrikaner farmer Jan Barnard was shot dead last night and his widow Carmelia was injured by four black gunmen who shot the couple on their farm outside Odendaalsrus in the Free State province of South Africa last night. The injured widow Carmelia crawled to her murdered husband's body and guarded him all night until a farm-worker found them. She did not have a cellphone with her...


Murder: Farmer Jan Christiaan Barnard murdered by four black gunmen on Odendaalsrus farm: widow Carmelia Elizabeth Barnard 72 shot in hip: farm Palmietkuil: 

http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/bejaarde-boervrou-nag-alleen-by-man-se-lyk/

Welkom/Odendaalsrus - 20 Nov 2015 - OFM news: 
http://www.ofm.co.za/article/local-news/174071/beseerde-boervrou-kruip-na-man-se-lyk-na-plaasaanval

Afrikaner farmer Jan Barnard was shot dead last night and his widow Carmelia was injured by four black gunmen who shot the couple on their farm outside Odendaalsrus in the Free State province of South Africa last night. The injured widow Carmelia crawled to her murdered husband's body and guarded him all night until a farm-worker found them. She did not have a cellphone with her.

Free State police spokesman Stephen Thakeng says Jan Barnard and his wife Carmelia were in their farmhouse last night when the electricity went off. 

Jan was allegedly shot by the attackers when he entered a storeroom where a generator was kept. 

According to Thakeng, Carmelia heard gunshots and was approached by four black male attackers wearing balaclavas. They forced her inside the house. 

Thakeng says she was shot and injured.The suspects fled the scene with two firearms and their cell phones. 

Thakeng did not provide details regarding how the "robbers" had fled. 

Thakeng says Carmelia - who suffered gun-shot injuries - crawled to the storeroom where she found her murdered husband. She stayed with him all night until a farm worker found them when he heard Mrs Barnard cries for help. 

Free State Agriculture says Mr Barnard was a member of the organisation. Carmelia Barnard is in the hospital. There was no report on her current physical condition. 

(Christal-Lize Muller - OFM nuus)

Original Afrikaans: 
Beseerde boervrou kruip na man se lyk na plaasaanval 
CHRISTAL-LIZE MULLER 
11:50 Fri, 20 Nov 2015 Welkom - Police contact number: Johannes Vinger, tel 079 495-1153. Die Valke in Welkom soek na vier mans nadat ‘n bejaarde boer gisteraand doodgeskiet en sy vrou in ‘n aanval op hul plaas Palmietkuil by Odendaalsrus beseer is. Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê die 73-jarige Jan Barnard en sy vrou, Carmelia, was omstreeks 20:30 in hul huis sonder elektrisiteit. Daar was ‘n probleem met die kragopwekker in ‘n stoorkamer buite die huis. Barnard het gaan ondersoek instel toe hy na bewering deur die aanvallers, wat klapmusse aangehad het, in die bors geskiet is. 
Thakeng sê Barnard se vrou het die geweerskote gehoor en is ook na buite waar sy deur die aanvallers oorrompel en in die heup geskiet is.
Die booswigte het haar toe in die huis gedwing en op die kluis se sleutels aangedring, waarna hulle vermoedelik te voet met twee vuurwapens, ‘n onbekende bedrag geld en selfone op die vlug geslaan het. Die beseerde Carmelia kon daarin slaag om na haar man in die stoorkamer te kruip. Sy het nie ‘n selfoon by haar gehad nie en het die hele nag langs haar man se lyk gewaak tot 'n plaaswerker vanoggend op hulle afgekom het.Thakeng sê die plaaswerker het ook nie ‘n selfoon by hom gehad nie en het na ‘n nabygeleë plaas gehardloop om hulp te ontbied. ‘n Klag van moord, poging tot moord en roof word ondersoek. Die polisie vra dat enigiemand met inligting hul naaste polisiekantoor of die ondersoekbeampte, Johannes Vinger, by 079-495-1153 moet bel. report by Christal-Lize Muller/OFM-nuus

https://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/3971



Boervrou lê langs man se lyk, roep om hulp ná aanval
’n Bejaarde plaasvrou van Odendaalsrus wat geskiet en aangerand is, het heelnag langs haar man se lyk om hulp geroep.
Corrie Barnard (72) is eers Vrydagoggend deur ’n plaaswerker gevind. Die plaaswerker, Joseph Kolong, het gesê hy het Vrydag om 07:00 op die egpaar se dooie Duitse herdershond afgekom.
Hy wou kyk wat die hond doodgemaak het toe hy op sy werkgewers, die Barnard-egpaar, afkom. Kolong het na die Welkom-Kroonstad-pad gehardloop en verbygangers gevra om hom na die Harcos-eierplaas te neem waarna hulp ontbied is.
Corrie kon nog met die nooddienste se personeel gesels en waardevolle inligting aan die polisie verskaf voordat sy na MediClinic Welkom geneem is vir ’n noodoperasie. Sy het ook baie bloed verloor. Jan (73) is op die toneel dood verklaar.
Piet Viljoen, ’n vriend van die egpaar, sê hy het nog Donderdagmiddag met Jan Barnard gepraat. Die krag het laatmiddag afgegaan en hy het die kragopwekker aangesit.
Om 21:00 het die opwekker gevrek en volgens inligting wat Corrie gegee het, het Jan ondersoek gaan instel.
Hy is by die deur van die enjinkamer oorrompel en doodgeskiet. Corrie het die skote gehoor en na buite gegaan waar sy ook aangeval is. Die aanvallers, almal met klapmusse, het geld en gewere geëis en haar erg aangerand en in die been en heup geskiet.
Hulle het op die vlug geslaan en sy het na haar man gekruip en heelnag om hulp geroep. Die egpaar se selfoon is ook gesteel en dit lyk of handwapens en kontant uit die kluis geneem is.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/boervrou-le-langs-man-se-lyk-roep-om-hulp-na-aanval-20151120

■ Nog ’n aanval op plaas
“VRYDAGOGGEND toe my kinders hoor wat met Oom Jan gebeur het, het hulle gehuil.”
Hendrik Janse van Rensburg sê sy vrou en kinders was op pad na sy pa se plaas, Nuwejaarsbosch, toe hulle die talle voertuie by die Barnards se plaasopstal sien.

Hendrik se pa, Willie, het skaars 10 km gewoon van waar Jan Barnard (73), Donderdagaand (19/11) vermoor en sy vrou Corrie (72), geskiet is.

Willie Janse van Rensburg (69) is op 30 Oktober verlede jaar ook in ’n plaasaanval doodgeskiet. Hendrik se vrou en dogters was ten tye van die aanval op die plaas en het self onder die aanvallers deurgeloop.

Hendrik het met Vista gesels na die moord op Jan Barnard. “Dit krap ou wonde oop,” sê hy. “My gesin ly steeds onder die moord op my pa en is nog nie emosioneel reg nie. ’n Plaasaanval krap alles deurmekaar en mens hanteer dinge anders. Jy vertrou nie sommer net weer mense nie.”

Janse van Rensburg se moordenaars is einde Augustus tronk toe gestuur. “Dit is ’n mate van ’n troos, maar dit kan nie my pa terugbring nie.” sê Hendrik, self ’n boer.

“Daar is ook nie ware geregtigheid nie, want die moordenaars leef steeds en al gaan hulle tronk toe, is dit vir hulle makliker as om te werk.”

Janse van Rensburg se kleindogter, Cristillie, en Barnard se kleinseun, Christiaan, was verlede jaar albei in matriek aan die Goudveld-Hoërskool in Welkom.

Marissa Pawson, woordvoerder van die Mediclinic Welkom sê Corrie Barnard is steeds so getraumatiseer dat die hospitaal besoekers beperk. Sy is nie in gevaar nie, maar verduur baie pyn. Sy is in haar heup en been geskiet.

Die polisie volg steeds alle leidrade op en een moontlike verdagte se naam is aan die polisie bekend. Hennie Gerber, veiligheidshoof van Fundum Veiligheid, sê die polisie-eenhede se optrede op die moordtoneel verdien net lof. Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

http://www.netwerk24.com/ZA/Vista/Nuus/nog-n-aanval-op-plaas-20151125

#StopWhiteGenocideInSA