(Jwplayer)

November 4, 2015

#MURDER ? Unidentified man (35) was shot & killed as he was closing the gates to his home in Pietermaritzburg



ʼn 35-jarige man van Pietermaritzburg is Dinsdagaand in die oprit na sy huis doodgeskiet.

 ʼn 35-jarige man van Pietermaritzburg is Dinsdagaand in die oprit na sy huis doodgeskiet. Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die voorval het omstreeks 21:40 in Gilbertweg in Bisley plaasgevind. “Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en word ondersoek. Dit is ook nog nie bekend of enigiets tydens die voorval gesteel is nie. Die man se liggaam is deur ʼn verbyganger opgemerk, waarna die polisie ontbied is,” het Zwane aan Maroela Media gesê. Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, is die man verskeie kere geskiet kort nadat hy by sy huis opgedaag het en op pad was om die hekke toe te maak. “Met paramedici se aankoms is die man op die grond met ernstige wonde aangetref. Paramedici het ʼn geruime tyd vergeefs probeer om sy toestand te stabiliseer. Die man is op die toneel dood verklaar,” het Botha gesê. Die Alexandra-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/man-in-oprit-na-huis-doodgeskiet/

#StopWhiteGenocideInSA