(Jwplayer)

November 25, 2015

#FarmMurder: UPDATE: The trial of Moses Maoka, who admitted to murdering Noeline #Koekemoer (16)

Hatecrimes against Afrikaners in South Africa:

#Koekemoer - The trial of Moses Maoka, who admitted to murdering Noeline Koekemoer (16) in BFMN High Court :


■ Black killer, Moses Maoka testified:  " Noeline fought back but I overpowered and chocked the 16 year old girl until she became weak, then I raped her..." 


■  Dr. Ignatius Ferreira testified:  " I have not yet seen such a level of extreme brutality, I have seen many but this one was a shocker to me" 



Moses Maoka is Maandag terug na die hoewe in Bainsvlei by Bloemfontein gebring waar regter Johann Daffue gaan kyk het waar Noeline Koekemoer, ’n leerling aan die Hoërskool Sand du Plessis, vroeër vanjaar verkrag en vermoor is. Hier is Donald Nthoba 


Natasha Mans, ma van die vermoorde Noeline Koekemoer. 

VERMOOR/MURDERED: Noeline Koekemoer

‘Ek sal jou nooit vergewe’

“So help my God, maar ek sal jou nooit vergewe nie,” het ’n bedroefde Natasha Mans (37) van Bloemfontein in die Vrystaatse hooggeregshof getuig toe die man wat haar dogter verkrag en verwurg het, haar om vergifnis gevra het.

Moses Maoka (36) het voor regter Johann Daffue erken hy het Noeline Koekemoer (16), ’n leerling in gr. 9 aan die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein, op 7 April vanjaar in ’n woonstel op ’n hoewe in Bainsvlei, Bloemfontein, verkrag en verwurg.

Mans het in trane vertel hoe sy dié middag ná werk Noeline se kamerdeur oopgestoot en op haar lyk afgekom het.

Haar dogter het op haar maag gelê met haar gekruisde arms onder haar gesig.

“Ek het gedink sy speel met my en toe buk ek en vat aan haar boarm en sê ‘Noeline’. Toe voel ek sy is yskoud.

“Ek vat toe aan haar arm en draai haar om. Toe rol sy om met haar arms steeds oor haar gesig. Haar oë was dik en blou en daar was bloed aan haar neus en mond.

“Ek kon nie registreer wat ek gesien het nie.” 

Sy bel toe haar vriend en sê: “Dennis, my kind is dood.”

Sy het aan Noeline gevat.

Toe bel sy die een werker op die hoewe en sê: ‘My kind is dood, hoekom het julle haar nie gehoor nie,’ ” het sy huilend getuig.

Terwyl die hof ’n wyle verdaag het sodat sy kon bedaar, het Maoka met sy gesig in sy regterhand gesit. Dit het gelyk asof hy huil.

Adv. Lawrence Tshabalala het daarna namens Maoka aan haar gestel Maoka sê sy het hom altyd goed behandel.

“Hy beskryf u as ’n barmhartige Samaritaan.

“Hy vra dat u hom vergewe. Hy sê hy is die een wat haar verkrag het. Hy vra vergifnis.”

Mans het oor die aand voor Noeline se dood getuig hoe hulle saam in die woonstel was 

“Ek het my meisiekind nag gesoen en gesê ek is lief vir haar en gaan slaap.”

Die volgende oggend toe sy vroeg werk toe is, was Noeline se kamerdeur nog toe. Deur die dag het sy gebel, maar nie antwoord gekry nie. Toe sy laatmiddag by die huis aankom en die veiligheidshek wou oopsluit, was dit oop, maar toegestoot.

Adv. Amanda Bester kla aan 

---------------

Lykskouing dui op uiterste ‘brutaliteit’, hoor hof
25 November 2015 

AAN HAAR NEK IS KNEUSINGS WAT DAAROP DUI DAT SY PROBEER HET OM DIE SERP LOS TE KRY. 

Dr. Ignatius Ferreira
“Ek het nog nie voorheen soveel brutaliteit gesien nie. Ek het al baie gesien, maar dít was vir my sleg,” het dr. Ignatius Ferreira in die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein getuig oor die lykskouing wat hy op Noeline Koekemoer (16) gehou het.

Die wrede dood wat dié leerling van die Hoërskool Sand du Plessis in haar slaapkamer op ’n hoewe by Bloemfontein gesterf het, word weerspieël in die talle beserings wat sy opgedoen het.

Moses Maoka (37), wat voorheen op dié hoewe in Bainsvlei gewerk het, word voor regter Johann Daffue van die moord op en verkragting van Noeline op 7 April vanjaar en drie huisbraak-aanklagte aangekla.

Ferreira het oor die talle kneus- en skraapmerke aan haar gesig, nek en lyf getuig.

“Dit is deur veelvuldige houe veroorsaak.”

Aan haar polse is kneusmerke wat sy volgens Ferreira kon opgedoen het deur houe te probeer afweer.

Om haar nek was ’n serp baie styf vasgebind. Aan haar nek is kneusings wat daarop dui dat sy probeer het om die serp los te kry.

“Dit is ’n natuurlike reaksie van iemand wat gewurg word om dit te probeer afkry. Sy was by haar bewussyn.

“Die vrou het letterlik vir haar lewe geveg.”

Van die klein aartjies in haar oë het gebars, waarskynlik weens die bloedtoevoer wat deur die wurgery met die serp afgesny was.

Daar was onder meer bloed en beserings aan haar onderlyf en bobene.

Die beserings wat sy opgedoen het, was waarskynlik voordat sy dood is. Sy kon nog gelewe het toe Moaka daar weg is, het Ferreira getuig.

Op ander foto’s in ’n album wat by die hof ingedien is, is ’n geskeurde hemp sigbaar wat dieselfde kleure het as die “serp” wat Ferreira beskryf het.

Moaka, wat beken hy het Noeline verkrag en vermoor, sê in ’n verklaring hy het haar gewurg totdat sy “swak” geword het. Toe verkrag hy haar.

Sy het haar aanvanklik verset en hom met haar hande geslaan. Toe wurg hy haar.

Adv. Amanda Bester kla aan. Adv. Lawrence Tshabalala tree vir Moaka op. 
http://www.netwerk24.com/Nuus/Hof/ek-sal-jou-nooit-vergewe-20151123

■ #FarmMurder: Update: 
#StopWhiteGenocideInSA

Die angs wat ’n leerling van die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein voor haar dood op 7 April vanjaar in die hande van haar verkragter en moordenaar beleef het, word in getuienis in die Vrystaatse hooggeregshof belig.
“Ek het haar met my kop op haar neus geslaan. Ek kan onthou ek het haar geklap. Omdat sy sterk was, het ek ook my vuis gebruik,” het Moses Maoka (37) voor regter Johann Daffue getuig.
In ’n stadium in die worsteling tussen hulle in die woonstel waarin sy en haar ma op ’n hoewe in Bainsvlei gewoon het, het Noeline Koekemoer (16) hom gegryp om hom op die vloer te gooi.
“Toe het ek haar aan die keel gegryp en gewurg totdat sy swak geword het.”
Sy het op die vloer gaan sit.
Hy het haar met een arm van agter vasgehou en ’n kledingstuk met sy ander hand en tande geskeur en agter om haar nek vasgeknoop. “Ek wou haar swak hou.”
Adv. Amanda Bester (vir die staat): “Om haar dood te maak?”
Maoka: “Nee, dit was nie my bedoeling nie.”
Bester het gevra of Noeline gesukkel het om die materiaal om haar nek af te kry.
“Sy gaan mos spartel. U was mos daar, vertel vir ons.”
Maoka het met albei sy hande by sy keel gewys hoe sy die materiaal wou afkry.
Hy het haar broek uitgetrek en haar verkrag. Bester het gevra hoekom hy haar broek weer vir haar aangetrek het nadat hy klaar was.
“Want sy was nog lewend. Ek wou nie hê dat sy so nakend daar lê nie.”
Bester: “So, u was ordentlik?”
Maoka “Ja.”
Bester: “Nee, ek sal vir jou sê waarom. Jy maak jou tonele skoon. Jy vee jou spore uit.”
Toe sy dit aan hom stel dat hy gewetenloos is, het Maoka geantwoord: “Dit wil nie sê ek is gewetenloos nie. Ek het ’n gewete.”
Bester het gevra: “Het sy gehuil, geskreeu en gepleit toe u haar so aangeval het?”
Maoka: “Sy het net geskreeu.”
Bester: “Sy was bang?”
Maoka: “Ek het nie so opgelet nie. Sy het van vrees geskreeu.”
Bester: “Hoekom het jy nie opgehou toe sy so skreeu nie?”
Maoka: “Ek weet nie, want ek het deurmekaar geword.”
Op vrae van regter Daffue het hy geantwoord toe hy haar broek uitgetrek en haar verkrag het, kon sy hom nie met haar hande en bene afweer nie. Sy was te swak. Sy was op haar rug.
“Sy was nie bewusteloos nie. Sy het nie gepraat nie. Maar haar oë was oop. Sy kon my sien . . .”
LYKSKOUING.
“Ek het nog nie voorheen soveel brutaliteit gesien nie. Ek het al baie gesien, maar dít was vir my sleg,” het dr. Ignatius Ferreira in die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein getuig oor die lykskouing wat hy op Noeline Koekemoer (16) gehou het.
Die wrede dood wat dié leerling van die Hoërskool Sand du Plessis in haar slaapkamer op ’n hoewe by Bloemfontein gesterf het, word weerspieël in die talle beserings wat sy opgedoen het.
Moses Maoka (37), wat voorheen op dié hoewe in Bainsvlei gewerk het, word voor regter Johann Daffue van die moord op en verkragting van Noeline op 7 April vanjaar en drie huisbraak-aanklagte aangekla.
Ferreira het oor die talle kneus- en skraapmerke aan haar gesig, nek en lyf getuig.
“Dit is deur veelvuldige houe veroorsaak.”
Aan haar polse is kneusmerke wat sy volgens Ferreira kon opgedoen het deur houe te probeer afweer.
Om haar nek was ’n serp baie styf vasgebind. Aan haar nek is kneusings wat daarop dui dat sy probeer het om die serp los te kry.
“Dit is ’n natuurlike reaksie van iemand wat gewurg word om dit te probeer afkry. Sy was by haar bewussyn.
“Die vrou het letterlik vir haar lewe geveg.”
Van die klein aartjies in haar oë het gebars, waarskynlik weens die bloedtoevoer wat deur die wurgery met die serp afgesny was.
Daar was onder meer bloed en beserings aan haar onderlyf en bobene.
Die beserings wat sy opgedoen het, was waarskynlik voordat sy dood is. Sy kon nog gelewe het toe Moaka daar weg is, het Ferreira getuig. http://www.netwerk24.com/Nuus/Hof/sy-het-geskree-van-vrees-getuig-noeline-se-moordenaar-20151125

Also read:


■ The black killer who raped & murdered 16 year old Noeline Koekemoer in a #FarmAttack 



#StopWhiteGenocideInSA