(Jwplayer)

November 22, 2015

VIDEO: White Squatter Camps in the most RACIST country in the world, called SOUTH AFRICA

#StopWhiteGenocideInSA


Dit gaan swaar met die ‘wit plakkers’

VERSTARDE, moedelose gesigte tussen rommel en lang gras ...

Geen elektrisiteit, badkamerdeure of skoon toilette vertel `n verhaal van ongekende armoede in Astonbaai se “wit plakkerskamp” waar vyf gesinne by die Astonbaai-karavaanpark “plak”. Onder die inwoners tel ’n bejaarde visserman en jong kinders.

Die gesinnne betaal hier R1 500 per maand om te kan “plak” in huisies van plaat of tente – maar hul omstandighede word by die dag hagliker.

Hulle weier nou om ’n sent verder te betaal, voor hul lewensomstandighede nie drasties verbeter nie. Elektrisiteit is heel bo-aan hul lys van noodsaaklikhede.

Koos Lloyd en Moira Viljoen, wat onlangs hul intrek by die karavaanpark geneem het, staar nou uitsetting in die gesig na hulle namens die inwoners teen die eienaar opgestaan het.

“Twee weke na ons byna hardhandig uit die karavaanpark verwyder is, word ons nou krimineel aangekla, omdat ons nie die huurgeld betaal nie: dit ten spyte daarvan dat nie een van die ander inwoners hul huurgeld betaal nie,” sê Viljoen.

“Ons baklei nie nie vir onsself nie, maar vir al die mense in die park, en ons menswaardig-heid.”

Volgens eienaar Robin Butler oortree Viljoen en Lloyd op sy eiendom. “Hulle het sonder enige vooraf reëlings opgedaag en hul tent opgelsaan,” sê Butler. “Toe ek met hulle daar-oor praat, het hulle aggressief geraak en wou my aanrand. Dit is toe dat ek die saak aan die polisie oorhandig het.

“Hulle is soos mense wat op jou grasperk kom uitkamp het, en nou weier om pad te gee. Dié twee het geen reg om by die karavaanpark te wees nie. Hulle soek gratis verblyf en stel die ander inwoners wat ek probeer help, in gevaar. Ek het die kinders en hul ouers uit die bosse en see gehaal en opgehef.”

Die “wit plakkers”, so bestempel deur die gemeenskap, het twee gemeenskaplike badkamers sonder enige elektrisiteit of gas vir warm water. Hulle sukkel daagliks twee-twee om hul eie gasbottels na die badkamers vir `n bietjie warm water te karwei – veral wanneer die winterkoue nog byt. Gebreekte vensters, tientallle gate in die plafon, stortgordyne wat aan flarde hang, en vervalle geriewe maak bad of stort ’n baie onaangename taak.

Die mansbadkamer het nie ’n deur nie en daar is net een toilet wat hulle kan gebruik.

“Wat anders kan ons doen? Ons móét was?’’ sê Viljoen.

Asof dit nie erg genoeg is nie, is die paaie in die karavaanpark vervalle en toegegroei en moet hulle hul ‘tuiste’ met perde deel. “Ons is baie lief vir die perde, maar soms raak dit net te veel -veral wanneer hul nuuskierigheid hulle tot binne die badkamers vat of hul ontlasting die terrein vol lê en vlieë lok,” sê Lloyd.

Nóg ’n bron van kommer is ’n dam water wat nie meer soos voorheen leeggepomp word nie, en nou die broeiplek van muskiete is.

“Ons mag dalk arm wees, maar ons is skoon en het ons trots,” sê Moira. “Die eienaar van die karavaanpark is besig om plakkers van ons te maak.”

Volgens oud-visserman Johan Fourie (69), wat al 12 jaar by die karavaanpark in ’n sinkhuisie woon, het hulle slegs in Desember krag wanneer al die vakansiegangers na die park stroom, en die water word met tye afgesny.

“Die park is baie netjies wanneer vakansiegangers hier is, maar die res van die jaar is dit ’n heel ander storie,” sê hy.

“Die voortsukkel sonder krag is ons lot vir die afgelope vier jaar, en die laaste paar maande staan die gasbottels by die badkamers leeg.”

Volgens Fourie, wat op die broodlyn lewe, het inwoners eenparig besluit om hul maandelikse huur te weerhou tot hulle weer permanent krag het. “Ons almal is bereid om ons huurgeld te betaal as ons die nodige geriewe het. Die eienaar moet sy kant bring, dan sal ons ons kant bring,” sê hy.

Volgens Butler het hy in Maart, vanjaar R134 000 betaal om die elektrisiteit te laat aansit. “Die inwoners het daarna nog steeds nie hul huurgeld betaal nie. Die elektrisiteitreke-ning beloop nou R30 000 en ek was genoodsaak op die krag weer eens te laat afskakel,” sê hy.

“Siende hulle nie huur betaal nie, kan hulle hul eie gemors skoonmaak.”

Volgens Kouga-munisipaliteit woordvoerder, Laura-Leigh Randall, sal hul Omgewingsgesondheidsdepartement vandeesweek ondersoek instel oor die toestande by die park.
News24
http://news24.com/news24/SouthAfrica/Local/Kouga-Express/dit-gaan-swaar-met-die-wit-plakkers-20151118

ALSO READ:

● Transfer more business wealth to blacks - Radebe |Stop White Genocide In SA

http://stopwhitegenocideinsa.blogspot.co.za/2015/10/southafrica-transfer-more-business.html



● VIDEO: WHITE Squatter Camps in the most RACIST country in the world, called SOUTH AFRICA


The South African government has made laws which deny all survival rights to White South Africans: This small 3,4 million strong minority in South Africa is denied food-aid, land-rights, jobs and even denied public housing in their own historic suburbs.

Today 1 million white people (70% of them are children & elderly people) out of the 3.4 million white population in South Africa are living in poverty because of White men/women were barred from the public and private-sector job markets in South Africa by the Broad-Based Black Economic Empowerment Act

Some of the white victims of 119 ANC RACIST RACE BASED LAWS BARRING WHITES FROM THE ENTIRE JOB-MARKET IN SOUTH AFRICA...

I dont call it White Squatter Camps, I call them WHITE CONCENTRATION CAMPS FORCED ON WHITES BY RACIST ANC
GOVERNMENT

Read more
■ https://www.censorbugbear.org/tag/affirmative-action/
http://stopwhitegenocideinsareports.blogspot.co.za



#StopWhiteGenocideInSA