(Jwplayer)

December 28, 2015

#ATTACK: Afrikaner man brutally attacked & assaulted by 4 black attackers for no reason, police allegedly refused to arrest the attackers

Simon Riekert van Gauteng is die jongste slagoffer van die vermeende straataanvallers in Jeffreysbaai. Alné, sy vrou, wys waar hy ses steke aan sy oogbank gekry het. Hy is op 24 Desember deur vier jong aanvallers buite ’n vulstasie in Da Gamaweg aangeval.

Gautenger sonder rede by see aangerand 

PORT ELIZABETH – Simon Riekert van Randfontein, Sentraal-Transvaal is in Jeffreysbaai, Oos-Kaap op Donderdag 24 Desember deur ’n groep jong mans vir geen rede aangerand.


Die groep voer die laaste paar weke ’n skrikbewind in die vakansiedorp. Hulle loop glo deur die strate en beskadig eiendom, maar het nou blykbaar ook mense begin aanrand. Die vier aanvallers het Simon Riekert op die dag voor Kersfees gelaat met ’n geskeurde oorlel en ’n gapende wond in sy oogbank, wat hom ses steke gekos het. Niks is gesteel nie.



Volgens Simon se vrou, Alné, is hy die oggend vroeg voor die deur van ’n vulstasie in Da Gamaweg aangeval. Simon en drie ander mans is blykbaar na die vulstasie om pasteie te gaan koop. Die aanvallers het buite die winkel gestaan en deur die venster geloer. Dit het gelyk asof hulle iemand binne die winkel soek. Simon het glo eerste met sy pastei by die winkel uitgestap toe hy deur die vier aanvallers buite die winkel rondgestamp is. Hulle het hom op die grond neergegooi en hom begin skop en trap.



Die polisie is deur die winkelbestuurder ontbied, maar die aanvallers het toe reeds weggehardloop. Simon is toe saam met hulle om die aanvallers te gaan soek. Twee van die aanvallers is glo ’n entjie daarvandaan op die strand gesien. Simon het die twee aanvallers vir die polisielid uitgewys – een van hulle se hemp was blykbaar nog vol bloed, maar die polisie het glo geweier om hulle in hegtenis te neem. Dieselfde oggend het Simon ’n klag van aanranding ingedien.
Sersant Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, beweer dat die polisie geen kennis dra van die voorval nie

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/gautenger-sonder-rede-by-see-aangerand-20151227

#StopWhiteGenocideInSA