(Jwplayer)

December 6, 2015

#ATTACK: Afrikaner woman brutally attacked by a black attacker & assaulted with a boltcutter in Potgietersrus



Spanpoging skrik aanvaller af

Potgietersrus – ’n Jong vrou (26) is Saterdag in die oggendure deur ’n onbe-kende man in Fouriestraat aangeval en aangerand.
 ‘n Spanpoging tussen lede van die gemeenskap en reaksie lede van die dorp wat reageer het op haar angstige gille het egter haar aanvaller afgeskrik.
Special Operations Solutions (SOS) se Willie Harmse het aan Noordelike Nuus vertel dat Martha Burger gelukkig is om nog te leef. Sy het blykbaar aan Harmse gesê dat sy Saterdagoggend om sowat 2:00 na ’n kuiersessie op pad was na haar woning in Voorstraat toe sy aangeval is.
Sy het gestap. Haar aanvaller het haar skielik begin slaan en haar ook met ’n "staaf knipper" (boltcutter) bygedam. Burger het ’n snywond aan haar linker oogbank en aan die bokant van haar kop opgedoen en is direk daarna deur ’n weldoener na die hospitaal geneem waar sy steke moes kry.
“Ek kon in sy oë sien sy voorneme was om te verwoes, nie om te steel nie,” sê Burger. Sy sê ook sy het twee selfone by haar gehad wat haar aanvaller nie gesteel het nie en noem ook dat sy glo dat hy haar heel waarskynlik wou verkrag. “Sy een hand het my broek begin losmaak. Ek het aanhoudend gegil,” sê sy.
Na ’n beskrywing van Burger se aanvaller het Harmse ’n verdagte by die ou rugbyklub in die bosse sien skuil en hom beveel om stil te staan. Die verdagte het onmiddellik weggehardloop ondanks ’n waarskuwingskoot van Harmse.
Die polisieondersoek die saak. http://www.noordnuus.co.za/articles/news/34684/2015-12-06/spanpoging-skrik-aanvaller-af

#StopWhiteGenocideInSA