(Jwplayer)

December 14, 2015

ATTACK ON FARMERS LAND: Land invasion: Blacks invade white owners hectare property, sell off sites illegally in Mooketsi





Plaasbeleg

Onwettige plaasbesettings het dele van die Mooketsi-boeregemeenskap die afgelope week in rep en roer gehad, toe stamlede begin het om woonerwe op landbougrond af te baken en dit teen R750 elk te koop aangebied het. ‘n Dringende aansoek om ‘n uitsettingsbevel is reeds toegestaan om die besetting van die plaas Dorsbult en die verkoop van erwe ongedaan te kry.

Lede van die Kgashane en Mamatlepa stamowerhede het ook dreigemente uitgevoer om plase in die Zwartkoppies-gebied tussen Modjadjiskloof en Mooketsi te beset, maar is in gesprekke met boere tot ander insigte gebring. Hulle is glo almal vurige EFF-ondersteuners en verwag ‘n besoek van die EFF-leier, mnr Julius Malema, dié naweek.

Die hofbevel is deur mnr Eugene Pohl, seun van wyle mnr Kaspaas Pohl, aangevra teen besetters op Dorsbult. Pohl snr het die plaas kort voor sy dood van ‘n familielid gekoop en dit is nou in die hande van boedelberedderaars. Omdat dit nie bewoon is nie, het besetters die kans gegryp om eerste daar toe te slaan.

Wyle Pohl het vroeër vanjaar feitlik al sy eiendom onder die naam Montina Boerdery vir herverdeling aan die regering verkoop. Dit was ‘n transaksie van meer as R200 miljoen en die grond sou aan die twee stamowerhede oorhandig word. Daar is egter verwarring en plase wat nie hierby betrokke is nie, word ook geteiken.

Woensdagoggend het die twee stamhoofde, hoofman Phetole Mamatlepa en hoofman Kgashane, die plaas Zwartkoppies van mnr Philip Becker en Vennote besoek, met die oog op besetting. Hulle is egter deur boere van die omgewing, mnre Alvin Fleischmann en Lappies Labuschagne voorgekeer. Na ‘n lang gesprek het die twee hoofmanne die perseel verlaat.

Fleischmann het gesê daar is duidelik spanning in die gebied, veral omdat faksies binne die twee stamowerhede na Pohl se skielike dood ‘n maand gelede ‘n “lugleegte” gesien het om onwettig toe te slaan. Volgens hom doen die polisie niks aan die voorvalle nie en bly onbetrokke. Volgens ‘n bron het selfs polisielede van die erwe op Dorsbult “gekoop”, waar penne ingeslaan is, om erwe aan te dui.
Labuschagne, wat met vee en groente boer, sê boere in die omgewing hou hul hekke gesluit en laat niemand sonder toestemming op hul plase toe nie.

Ongelukkig is die afdruk van die oorspronklik brief wat aan die einde van November aan plaaseienaars by Mooketsi gestuur is, baie swak. Ons gee dus hierby ook ‘n verbatim weergawe van die amptelike brief met die stamowerheid se stempel op.
KGASHANE & MAMATLEPA TRIBAL AUTHORITY
The current owner of Zwartkoppies farm Mooketsi
Dear Sir/Madam
The above mentioned tribal authorities here by informing you that it is now a time to occupy our land. We emphasize that our intention is not to stop farming process. We only want to occupy the houses that are already bought by government for us. The houses will be occupied by our chiefs and members of our tribal councils.
Our conditions are as follows should you like to use the farm
1. You will have to take care of our two chiefs in water-electricity-monthly groceries and transportation
2. It will be the duty of both of us to make sure that our chiefs are safe.
The houses – Zwartkoppies house will be occupied by the tribal council members
Be also informed that this process will run until the RICC is in good standing capable to handle our situation in a proper way.
We still emphasize that we are doing this in a good and save way, we don’t want to use our warriors since our relationship with you is still in good standing.
Hoping that the above is in order.
Yours truly
Chief Mamatlepa


#StopWhiteGenocideInSA