(Jwplayer)

December 9, 2015

#ATTACK: Survives: Fireman attacked & assaulted at fire station


Brandweerman Aangeval en Aangerand by Stasie

KRUGERSDORP – ‘n Vriendelike besoek deur die plaaslike polisie was waarskynlik die reddende genade vir ‘n paar brandbestryders toe hulle deur ‘n gewapende man aangeval is.

Vier verdagtes, een glo ‘n voormalige werknemer van die Krugersdorp brandweer in Sentraal-Transvaal het Maandag, op 7 Desember in die brandweerstasie ingeloop om een ​​van die stasie amptenare te konfronteer toe die situasie egter hand uit ruk. Die amptenaar het om hulp geskree nadat die vier verdagtes hom in ‘n lokval gelei en begin aanrand het. Twee van sy kollegas het kom help om die geveg stop te sit, waarna een van die verdagtes toe ‘n vuurwapen uitpluk.
Toevallig het ‘n paar van Krugersdorp se polisiebeamptes besluit om ‘n vriendelike stop by die stasie te maak vir ‘n onverwante saak en in die oproer ingestap. Die verdagtes is vinnig inhegtenis geneem en na die polisiestasie geneem waar hul voertuig ook op beslag gelê is. Die amptenaar is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir mediese waarneming en afgeboek vir ‘n paar dae om te herstel van sy beserings wat opgedoen is tydens die aanval
■ http://bmarksa.org/nuus/brandweerman-aangeval-en-aangerand-by-stasie/
■ https://facebook.com/story.php?story_fbid=442285965972433&id=148477018686664&fs=1

#StopWhiteGenocideInSA