(Jwplayer)

December 15, 2015

#ATTACK: Survives with no injuries but faces murder charge: With only four bullets left, Wayne Farmer (41) kills 2 of the 5 black armed attackers



Eers  het ʼn 19-jarige seun vroeër vanjaar hom en sy weduwee-ma teen  aanvallers  op hul kleinhoewe in Limpopo beskerm en ʼn verdagte  doodgeskiet. 

 Dinsdagoggend het drie van vyf swart verdagtes hulself  teen  sy  oom se haelgeweer vasgeloop toe hulle ná ʼn beweerde huisbraak op die oom losgebrand het. 

Die jongste voorval het omstreeks 03:30 op Steelpoort naby die laerskool  afgespeel.  Wayne Farmer (41), die bestuurder van Burgersfort  Electrical  and  Plumbing,  het  in  die  vroeë  oggendure wakker geword toe sy honde erg begin blaf het. Farmer, ook ʼn wildboer en professionele jagter, het aan Maroela Media gesê sy bure is al ʼn paar dae uitstedig  en  hulle  het hom gevra om na hul troeteldiere om te sien terwyl hulle weg is. “Ek  het gaan kyk wat my honde ontstel. Buite het ek my buurman se huisalarm gehoor. Ek is dadelik  terug  in  my huis in om my haelgeweer uit die kluis te gaan haal,” het Farmer gesê. Toe hy in sy  buurman se erf inkom, het die honde stil eenkant in ʼn hoek gesit. Later is vasgestel die honde is vergiftig. 

“Ek  het die huis stadig genader om te kyk wat aangaan. Toe ek om die  hoek loer,  staan daar een swart verdagte by ʼn oop venster wat hulle gebreek het. Die diefwering was oopgebuig.” Farmer het op die verdagte  geskreeu en gevra wat hy daar soek. Die verdagte het dadelik  laat  spaander  na die hoek van die erf waar dit donker was. “Twee van sy makkers het skielik by die venster uitgespring en op my begin skiet. Ek het in hul rigting teruggeskiet. Nog twee verdagtes  het toe by die venster uitgespring en op my geskiet. 

Ek het  net vier patrone by my gehad. Nadat ek al vier rondes in hul rigting gevuur het, het ek in my huis  in gehardloop, die deure gesluit en die polisie  gebel.”  Farmer het toe nog nie geweet twee verdagtes  is  noodlottig  gewond nie. Intussen  het  die buurman se veiligheidmaatskappy op die alarm gereageer en beamptes van die Burgersfort-polisie  was  kort  daarna  op die toneel. Die polisie  is  eerste  die  huis  in  om  hul ondersoek in te stel.  Toe dit begin lig word, is Farmer omstreeks 05:20 in kennis gestel twee verdagtes  se liggame is op die buurman se erf by die grensdraad aangetref. Albei verdagtes het vuurwapens in hul hande gehad. “Twee van die bure se honde het kort daarna begin stuiptrekkings kry, braak en hul monde het geskuim.  Ons het besef hulle is vergiftig  en kon hulle darem betyds behandel sodat hulle nie vrek nie.” 

Farmer het gesê hy is getraumatiseer deur die voorval, maar is darem nie tydens die skietery beseer nie.  “Die  Here se hand is groot. Hy het my beskerm,” het Farmer gesê. 

Kol.  Ronel Otto, provinsiale  polisiewoordvoerder,  het  die  voorval  aan  Maroela Media bevestig. “Ons kan bevestig dat twee verdagtes dood is. Die mans het nie identiteitsdokumente by hulle gehad nie en hul ouderdomme is onbekend. Ondersoek sal ingestel word om hul identiteit te bepaal,”  het  Otto gesê. Otto het bygevoeg die vermoede bestaan dat nog een verdagte gewond is. Die drie wat ontsnap het,  is  nog  soek.  Die polisie  is  nog  besig  om vas te stel of enigiets uit die huis vermis word. Volgens Otto is dit standaardprosedure om ʼn saak van moord te registreer waar verdagtes tydens ʼn voorval doodgeskiet word. Die senior staatsaanklaer sal dan besluit of daar teen die skieter opgetree moet word.

Intussen  wag Farmer se niggie se seun, Sean Bates (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/seun-skietverdagte-dood-tydens-hoewe-aanval/) (19),  nog  om sy lot te hoor nadat hy in April vanjaar ʼn 30-jarige verdagte op hul kleinhoewe buite  Polokwane (Pietersburg) geskiet  het.  Maroela Media het destyds  berig  Bates,  ʼn tegnikus,  en sy ma, Sandra, was op 9 April die  oggend alleen op hul kleinhoewe in die Tweefonteinomgewing waar hulle al 11 jaar woon, toe twee mans hulle omstreeks 03:00 oorval het terwyl hulle geslaap het. Bates se pa is  vier  jaar  gelede  oorlede  weens ʼn hartaneurisme. Die mans het toegang tot die huis verkry deur die diefwering by die sitkamer oop te sny. Van daar is  hulle  na  die  kombuis waar een van hulle ʼn mes gevat het. Die ander man het ʼn hamer gehad. Bates het destyds aan Maroela Media gesê die verdagtes is eerste na sy kamer waar hulle sy
kamerdeur met die hamer oopgeslaan het. Bates en sy ma het van die lawaai wakker geword en besef  daar is moeilikheid. “Dit  het  alles  so  vinnig  gebeur.  Ek het begin wakker word toe die mans my op my bed oorval het. Ek het op my rug gelê en hulle probeer afweer deur hulle te skop. Hulle het my oorweldig en ek het ophou terugbaklei.” Een van die mans het Bates aangehou terwyl die ander sy kamer geplunder het. Sandra het haar intussen  in  haar  slaapkamer toegesluit  en begin skreeu, waarna die mans op haar afgestorm het. Dit  het Bates genoeg tyd gegun om sy vuurwapen uit sy kluis te kry. “Ek  was in die gang op pad na my ma se kamer, toe een van die mans op my afstorm. Ek het ʼn waarskuwingskoot afgevuur, maar hy het steeds na my toe gekom. Ek het hom toe een keer in die bors  geskiet.  Dit  het  hom ook nie gestuit nie, waarna ek nog ʼn skoot afgevuur het,” het Bates verduidelik. Albei  mans het hom oorweldig en op sy bed vasgepen. Die verdagte met die mes het Bates op sy bed aangeval en begin steek. Bates het snywonde aan die agterkant van sy kop en op sy linkerelmboog  opgedoen. “My ma het in daardie stadium op die een of ander wyse die mes uit die man se hande gekry. Hulle et toe my DVD-speler onder my televisie uit gegryp en my oor die kop begin  slaan  daarmee. Ek het nog ʼn skoot afgevuur waarna hulle weggehardloop het.” Die verdagtes is by dieselfde venster uit as waardeur hulle toegang tot die huis verkry het. “Een van hulle  het buite die huis inmekaargesak. Sy medepligtige het hom nog probeer help en so ’n paar meter ver gesleep, maar daarna agtergelaat en weggehardloop toe hy besef die man is dood.” Dié verdagte het met Bates se skootrekenaar, beursie en tabletrekenaar weggekom. Bates is na ʼn nabygeleë hospitaal  geneem waar hy sowat 22 steke aan sy kopwond en sewe steke aan sy elmboog moes kry. ʼn Saak van moord is teen Bates aanhangig gemaak. Sandra het Dinsdag aan Maroela Media gesê haar seun is nog nie aangekla nie, maar alles is nog hangende by die senior staatsaanklaer om te besluit of hy uit selfverdediging opgetree het.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/familie-speel-nog-n-keer-klaar-met-rowers/

ALSO READ:
Survived: Afrikaner technician Sean Henry Bates 19, charged with self-defence death of black attacker after fierce battle in homestead
http://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/3495#CWbsXRZfIRTf9KiR.99

#StopWhiteGenocideInSA