(Jwplayer)

December 17, 2015

#ATTACK: UPDATE: 3rd Black attacker found dead. Only 4 bullets left, 3 dead, Wayne you are an excellent shooter!



Ons het gisteraand verneem nommer 3 is gekry en het beswyk aan sy wond(e). 'n Bell's vir Wayne....jy is 'n uitmuntende skut. ~BKA



Wildboer skiet 2 huisrowers dood

Toe ’n bende huisrowers Dinsdag in die vroeë oggendure op hom losbrand toe hy hulle in sy buurman se huis betrap, het Wayne Farmer (42) net vier ­haelgeweerpatrone gehad.

In die donker het hy daardie vier skote blindelings in die rigting van die vyf rowers geskiet, na sy eie huis gehardloop, die deure gesluit en die polisie gebel.

Eers heelwat later het die polisie hom ingelig dat hy twee doodgeskiet en vermoedelik nog een gewond het. In die twee dooie rowers se hande was ’n rewolwer en ’n pistool.

Farmer is ’n wildboer en beroepsjagter. Hy woon saam met sy vriendin, Yolandie Nel, in ’n buurt in die buitewyke van Steelpoort waar dit baie ruig en bebos is.

Volgens kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder, het Farmer omstreeks 03:00 wakker geword van sy honde se geblaf.

Toe hy buite kom om na die onrustige diere om te sien, het hy sy buurman se huisalarm gehoor. Hy het sy haelgeweer gaan haal en by die buurman se erf ingesluip. Aan die voorkant van die huis het hy ’n man by ’n gebreekte voorruit gesien waarvan die diefwering oopgebuig is.

“Ek het om die hoek geloer en vir die donder geskreeu: ‘Wat maak jy!’ Hy het begin weghol.”

Dié rower het vermoedelik in ’n donker hoek van die erf gaan skuil.

Twee huisrowers het by die venster uitgespring. “Toe ek die flashes in die donker sien, toe weet ek hier kom probleme. Hulle gaan my vrekskiet.”

Met die skote wat om hom klap en sy ore wat toeslaan, sê hy, “gaan ek die spreekwoordelike combat mode in”.

“Ek het neergeslaan en die vier skote uit my enkelskoot- 12-boor-haelgeweer het soos stroop geloop. Ek weet nie hoe ek die geweer ná elke skoot so vinnig herlaai het nie.”

Intussen het veiligheidswagte op die alarm gereageer met die polisie kort op hul hakke.

Die huis is deurgesoek, maar niks word tans vermis nie. Die eienaars is elders met vakansie.

Teen die heining het die polisie op twee lyke afgekom. Albei het blou reënbaadjies aangehad. Een het nog ’n .38- rewolwer vasgehou en die ander een ’n 9 mm-pistool.

Volgens Otto is hulle nog nie uitgeken nie.

Een van die huisrowers is blykbaar gewond. Die polisie het glo ’n bloedspoor gevolg wat die bosse ingelei het, maar geeneen van die drie voortvlugtiges is nog in hegtenis geneem nie.

Instink en sy opleiding as professionele jagter was sy redding, sê Farmer.

’n Koeël het sowat ’n halfmeter bo sy kop in die muur vasgeslaan.

Dit was die tweede keer in ­nege maande dat die Farmer-familie by ’n noodlottige skietery betrokke was. 

In April het Sean Bates (19), Farmer se kleinneef, ’n 30-jarige man doodgeskiet nadat hy en sy ma, Sandra, op hul hoewe buite Polokwane aangeval is.

Bates is verskeie kere met ’n mes in die kop en lyf gesteek. Hy het sy aanvaller gewond en dié het buite die huis inmekaargesak en gesterf.

https://m.facebook.com/boerekrisisaksie/photos/a.178568022169751.48293.116298045063416/1277741645585711/?type=3&ref=bookmarks

Also read:

#StopWhiteGenocideInSA