(Jwplayer)

December 17, 2015

#ATTACK: UPDATE: Survives: Thomas Gardiner (76) was attacked by black killers at home & stabbed more than 30 times with a garden fork



opvolg- Welkom. – ’n Bejaarde man van Welkom is wreedaardig in sy kombuis onderstebo geslaan en herhaaldelik met ’n tuinvurkie gesteek voordat sy aanvaller hom op sy voete gehelp het.

Thomas Gardiner (76) is meer as 30 keer aan sy bolyf gesteek. Sy nek en gesig is ook vol steekwonde en sy hele lyf is potblou en gekneus.

Gardiner sê hy het Sondagaand by sy huis in George­straat, Doorn, na sokker op televisie gekyk. Met rustyd teen 18:45 het hy kombuis toe gegaan om vir hom iets te ete te maak. ’n Onbekende man het hom oorval en toe hy tot verhaal kom, het hy op sy kombuisvloer gelê. Gardiner sê hy het nie eens kans gekry om ’n noodknoppie in die kombuis te druk nie.

Die man het Gardiner herhaaldelik met ’n klein tuinvurkie in sy gesig, bolyf en keel gesteek. Gardiner het probeer terugveg, maar die aanvaller het hom sonder ophou gesteek.

Die man het Engels en Sotho gepraat en het ’n oorjassie, soortgelyk aan dié wat padwerkers en motorwagte dra, aangehad. In die worsteling het Gardiner die jassie van die man afgeskeur. Die man het hom op sy voete gehelp en gesê hy wil geld en gewere hê. Hy wou weet waar die kluis is, vertel Gardiner.

Gardiner het saam met die man na sy slaapkamer geloop waar hy vir hom R1 000 uit sy beursie gehaal het. Die man het ook Gardiner se goue Omega-horlosie gevat. Die horlosie, wat Gardiner ná 25 jaar in diens van Anglo American gekry het, is ongeveer R20 000 werd en is gegraveer.

Die bebloede Gardiner het by sy bure gaan hulp soek en die buurtwag, veiligheidsdienste, polisie en ambulans is ontbied. Hy is onmiddellik na die Mediclinic Welkom gebring.
Deur Alet Van Der Walt (Netwerk24)
https://facebook.com/boerekrisisaksie/photos/a.178568022169751.48293.116298045063416/1277855918907617/?type=3&fs=0

ALSO READ:
■  #ATTACK: Seriously Injured: Another elderly man, Thomas Gardiner (76) , in hospital after being attacked at home and nearly stabbed to death with a garden fork

#StopWhiteGenocideInSA