(Jwplayer)

December 11, 2015

#Double #FarmMurder: Update: Horrific death of Afrikaner, Löt­ter farm couple on a farm between Warmbaths & Nylstroom


Rob­bie Löt­ter, Löt­ter se seun, troos sy seun Tiaan, na­dat die po­li­sie se pa­to­logie-af­de­ling Una Löt­ter se oor­skot uit die huis ver­wy­der het

Skok en trauma ná gru-moord op bejaardes


n Afgetrede egpaar se stukkie Bosveldparadys het op Saterdag, 5 Desember in ’n vlammehel verander nadat hulle vermoor en die huis aan die brand gesteek is.
Robbie en Una Lötter van die plaas Robuna, oorkant Verloren op die R101 tussen Modimolle en Bela-Bela, se kinders het op Maandag, 7 Desember, angstig na Una (64) se liggaam in die puin van die afgebrande plaashuis gesoek. ’n Buurman het Robbie (69) se liggaam die Sondagaand etlike meters van die huis in die veld ontdek nadat hy ondersoek gaan instel het na die vlamme. 
Volgens die Modimolle-polisie op die toneel het Robbie net ’n kortbroek en plakkies aangehad. Hy het kopwonde gehad en bebloede klippe is langs sy liggaam gevind. Sy aanvaller het hom met ’n kombers toegegooi en takke oor hom gepak. 
Nadat ’n aanvanklike soektog deur die smeulende huis geen teken van Una opgelewer het nie, het die polisie en die span van Heritage Protection Group met hulp van ’n helikopter na haar in die beboste gebied om die huis gesoek. Haar kinders was aanvanklik bekommerd dat die aanvaller haar saamgeneem het. 
Una se seun uit ’n vorige huwelik, Jackie Jacobs, het op Maandagoggend, 7 Desember, die steeds smeulende huis trotseer en naarstigtelik na sy ma tussen die as en vuurwarm sinke gesoek. Hy en sy broer, Robbie Lötter, is daarna in die veld in om verder te soek — steeds hoopvol dat hulle haar lewend sou vind.
Hoewel die polisie aanvanklik gedink het dat twee aanvallers betrokke is, het dit later uit spore geblyk dat slegs een persoon op die toneel was. Volgens Jacobs is is leë drankblikkies in die huis gevind en ’n gasbraaier, asook ’n tas met klere is in die kattebak van die egpaar se Hyundai Santa Fe in die motorhuis gevind. Die motor het egter saam met die huis verbrand. 
Die swart moordenaars het op die vlug geslaan met ’n vierwielmotorfiets, waarop hy vermoedelik die res van sy buit gelaai het. ’n Musiekstelsel en ander items is later in die veld gevind. 
Volgens (oud lt. kol.) Sakkie Lourens van die Heritage Protection Group het die moordenaars Modimolle toe gejaag waar hy in Phagameng ’n ongeluk met die vierwielmotorfiets gemaak het. Die spoorsnyers het sy spore tot by ’n huis gevolg waar hy moontlik gerus het voordat hy verder gevlug het. ’n Man is by dié huis is ondervra, maar teen druktyd was daar nog nie verdere inligting oor die moordenaars bekend nie. 
Die Lötters se tuinier, Jeremiah Lehutso, het aan die polisie gewys dat die swembadchloor en ’n stok waarmee dit geroer word, steeds buite staan, hoewel Robbie dit altyd dadelik gebêre het. Hy vermoed dat Robbie laatmiddag by die swembad oorval is. 
Een van die Lötters se honde is Maandag vankant gemaak nadat die dier se kakebeen gebreek is, moontlik nadat die aanvaller die dier geskop of geslaan het. Hul twee Jack Russelhondjies is deur bure verwyder. 
“Ek dink nie ons gaan ooit antwoorde op ons vrae kry nie,” het ’n emosionele Maryke Jacobs, Jackie se vrou, aan Die Pos gesê. “Dit was so bitter, bitter onnodig. Kon hy nie maar die goed gevat het sonder om hulle dood te maak nie?” het sy gehuil. Die stil en verslae familie het tydens die urelange soektog voor die huis koelte teen die versengende hitte gesoek. 
Die Lötters se plaas is reeds ’n jaar lank in die mark omdat hulle na ’n aftreeoord buite Modimolle wou verhuis. Hulle het 18 jaar op dié eiendom gewoon. 
Una laat haar seun, Jackie, sy vrou Maryke en kinders Frans, Adriaan en Michelle en haar seun Robbie Jacobs, sy vrou Liesel en dogter Sammy agter. Robbie laat sy seun Robbie en vrou Amanda en kinders Tiaan en Karen en sy  dogter Ronél, haar man André en kinders Monique en Morné agter. 
Die egpaar se diens word op Vrydag, 13 Desember, om 12:00 in die NG gemeente Warmbad-Wes gehou.

http://diepos.linmedia.co.za/articles/crime/34698/2015-12-11/skok-en-trauma-na-gru-moord-op-bejaardes


ALSO READ:

#StopWhiteGenocideInSA