(Jwplayer)

December 27, 2015

#FarmAttack: Afrikaner grandparents assaulted infront of grandchildren on their farm in the Stoffberg District

An elderly farmer , his wife and two small children , (the boy in a wheelchair), was attacked by black attackers on his farm in the Stoffberg District on Wednesday

Fanie Grobler is erg verniel toe vier aanvallers hom, sy vrou en twee kleinkinders in hul plaashuis aangehou het op soek na geld. Foto: Verskaf deur familie.
Fanie Grobler is verskeie kere met 'n stuk hout en 'n pyp oor sy lyf geslaan

Oupa en ouma aangerand voor kleinkinders
‘n Bejaarde boer, sy vrou en twee kleinkinders, waarvan die seuntjie in ‘n rolstoel is, is Woensdag op sy plaas in die Stoffberg distrik aangeval.
Mnr. Fanie Grobler (68) is deur vier mans oorval terwyl hy op die plaas werksaam was. Hy is na sy huis gedwing waar hy en sy vrou aangerand is.
Volgens mnr. Grobler se skoondogter, Lizinda, was hy besig om kalwers in ‘n kraal te probeer jaag. Die beeste wou egter nie in die kraal in nie en ‘n werker het om die kraal gestap om te kyk wat hulle skrik maak. Vier mans het agter ‘n watertenk weggekruip.
Hulle het mnr. Grobler oorval en hom herhaaldelik in die veld aangerand. Mnr. Grobler se werkers kon daarin slaag om te vlug. Een van die aanvallers was gewapen en daar het ‘n skoot tydens die struweling afgegaan.
Mnr. Grobler se aanvallers het met hom in sy Toyota Land Cruiser teruggery na die plaasopstal. Sy vrou Corrie, het probeer om die deur na die huis toe te druk. Haar twee kleinkinders, wat nege en 12 jaar oud is, het op die plaas gekuier.
Die aanvallers was egter te sterk en het die huis binnegestorm. Hulle het mnr. Grobler aan ‘n stoel vasgemaak en herhaaldelik gevra vir geld. As hy antwoord dat hy nie geld het nie, het hulle hom op die mond met ‘n pistool geslaan.
Die rowers het me. Grobler voor haar kleinkinders aangerand. Hulle het die pistool teen die negejarige dogtertjie se kop gehou en haar beveel om vir haar oupa te sê hy moet vir hulle geld gee, anders skiet hulle haar.
Een van die vlugtende werkers het daarin geslaag om alarm te maak oor die aanval. Boere was blitsvinnig op die toneel.
Só vinnig dat die aanvallers, wat waardevolle items uit die plaashuis op mnr. Grobler se bakkie gelaai het, skaars aan die ry was, of hulle het in aankomende boere vasgery. Daar is skote geskiet en die rowers het die veld in gevlug.
Talle boere vanuit die Belfast en Stoffberg omgewing het hulp kom verleen. Na ‘n soektog in die veld is vier verdagtes vasgekeer waar hulle in ‘n spruit weggekruip het. Mnr. en me. Grobler, tesame met hul kleinkinders, is na Middelburg geneem vir mediese behandeling.
Mnr. Grobler het diep wonde op sy kop opgedoen en skade aan sy een oog. Sy vrou het kneusplekke. Die kinders is nie beseer nie.
Sy familie bedank die boere wat kom help het vir hulle flink optrede.
Die Stoffberg omgewing gaan gebuk onder ‘n vlaag plaasaanvalle.
• In Oktober het twaalf gewapende mans op die plaas van Hans Jurgens du Toit aangekom en sonder rede op hom begin skiet. Hy kon daarin slaag om hulp te ontbied en ‘n skietgeveg het tussen boere en die aanvallers uitgebreek.
Een aanvaller is noodlottig gewond, 11 het in die veld in gevlug. Twee verdagtes is vasgetrek en hul saak draai tans in die Middelburg hof.
• In November is Jacky Snaggs (75) net na middernag in haar huis oorval. Sy is gedreig met verkragting, aangerand en vasgebind. Drie aanvallers het gevlug met wapens en kontant. Hulle is die volgende aand in die Sango informele nedersetting gevang en het die wapens by hul wegsteekplek gaan uitwys.
“Ons het amper ‘n plaasaanval elke drie weke. Ons is paraat en ons verwag die ergste,” het ‘n anonieme bron, wat op die toneel was, aan die Middelburg Observer gesê.
http://mobserver.co.za/39810/oupa-en-ouma-aangerand-voor-kleinkinders/

#StopWhiteGenocideInSA